Man kritiek ná trekkerband op hom val

Die toneel by Morning Star-veldrenbaan in die Wes-Kaap waar 'n trekkerband op 29 Januarie 2016 op 'n man geval het Foto: ER24

Die toneel by Morning Star-veldrenbaan in die Wes-Kaap waar ‘n trekkerband op 29 Januarie 2016 op ‘n man geval het Foto: ER24

ʼn 25-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat ʼn trekkerband by ʼn veldrenbaan in Morning Star in die Wes-Kaap op hom geval het.

“Die man het langs die trekker gelê, en ʼn paar werknemers het om hom gestaan toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Die man het glo probeer om die trekkerband om te ruil, toe die band, wat ongeveer 500 kg weeg, op hom geval het.

“Verskeie werkers wat dit sien gebeur het, het die band opgelig en hom onder die band uitgetrek,” het Meiring bygevoeg.

Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici hom ondersoek het. Hy is met ʼn helikopter na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

F ·

Wil ek ook weet. Ek dink nie ‘n band weeg 500kg nie. Moes seker maar die “rim” ook wees. Maak nie saak nie, dit moet ‘ n erge ondervinding wees. Sterkte aan die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.