Man kritiek ná trok omslaan

Die vragmotor wat Woensdag op die M30 in Garsfontein omgeslaan het (Foto: Verskaf ER24)

ʼn Vragmotorbestuurder is ernstig beseer toe sy vragmotor Woensdag in Garsfontein, Pretoria, omgeslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici is omstreeks 12:27 na die M30-pad in Garsfontein ontbied. Daar het hulle die vragmotor op sy sy langs die pad aangetref.

“ʼn Man (iets in sy 40’s) was binne die kajuit van die vragmotor vasgekeer,” sê Meiring.

Paramedici het meganiese toerusting gebruik om die man uit die vragmotor te bevry.

“Die man was in ʼn ernstige toestand en paramedici het hom op die toneel behandel. Hy is daarna per helikopter na ʼn hospitaal geneem.”

Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.

Die presiese omstandighede rakende die ongeluk is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Patricia

Ai ek wonder wat is fout met die Proteas? Dalk is hulle moeg vandie hitte in.Pamistan!!

Mallie

Die remne het seker onklaar gerask, of hoe?

Elize

As na die bakwerk gekyk word is dit ‘n wonder dit het nog nie uitgekaar geval nie