Man kritiek ná trok rol

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mans is Vrydag beseer toe ʼn vragmotor op die R528 in Georges Valley naby Tzaneen gerol het. Een van die mans was in ʼn kritieke toestand.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici op die toneel aankom, het die vragmotor op sy kant langs die pad gelê. ʼn Man het op die toneel gestaan.

“Paramedici het die man begin behandel vir ligte beserings wat hy opgedoen het, toe hy aan hulle sê dat die bestuurder steeds in die vragmotor vasgekeer is,” het Meiring gesê. “Reddingswerkers moes vir langer as twee ure sukkel om die man uit die vragmotor te kry en moes gespesialiseerde toerusting gebruik om die vragmotor oop te sny.”

Die bestuurder van die vragmotor was in ʼn kritieke toestand en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na die Mediclinic Tzaneen gehaas is.

Volgens Meiring is dit nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie. Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek verstaan dat iets wat stilstaan nie kan omval. Daar word ook beweer dat sou iets té vinnig beweeg vir omstandighede direk te doene met die voorwerp in beweging dan is die moontlikheid groot om onwillekeurig van rigting te verander of selfs dan ook om te slaan. Dit staan dan bekend as ‘om beheer te verloor’.
Natuurlik is daar ook ander oorsake soos meganiese foute, aan die slaap raak agter die stuur ens. wat kan bydra. Eersgenoemde is egter by verre die oorsaak van meeste omgooi-ongelukke. Bestuur dus binne jou eie vermoë.

Veritas ·

Hoekom swaar voertuie nog toegelaat word om oor Georges Valley na Tzaneen te ry, weet nugter. Die pad van Polokwane oor Modjadji (Duiwelskloof) is, myn insiens, meer geskik vir swaar voertuie wat Tzaneen toe ry.

Klaas ·

Dit gebeur omdat die verkeersmanne en vroue net daar is om mooi te lyk en nie hulle werk doen nie. Daar is duidelike borde wat swaarvoertuie op daardie roete verbied. So dis net die bestuurder om te blameer. Geen ondersoek is nodig.

Armando ·

Om mooi te lyk, sê jy Klaas? In elk geval, pas jou spoed aan: daar is kwaai draaie op daardie pad. Groot vragmotors soos daardie hoort nie op daardie pad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.