Man kritiek ná val van winkeldak

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is in ʼn kritieke toestand nadat hy Woensdagmiddag van ʼn winkel se dak in Faerie Glen, Pretoria, geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, vermoedelik 23 jaar oud, het op die dak van die winkel in Atterburyweg gewerk toe die voorval plaasgevind het. Hy het ongeveer 8 meter ver tot binne-in die winkel geval.

“Paramedici is omstreeks 13:30 na die toneel ontbied en het bevind dat die man ernstige beserings opgedoen het en in ʼn kritieke toestand was. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Koos1 ·

ek wil nou nie onsensitief wees nie, en baie sterkte aan die man, maar die vraag wat almal moet vra waar was die veiligheids toerusting, (toue, harnas ens.)? Het sy werkgewer versuim om dit te verskaf of het dit in die voertuig gelê of was dit gebruik maar verkeerd gebruik of dalk defektief? Ons waag te veel kanse selfs by die huis (en ek is ook skuldig), todat ‘n ongeluk gebeur. Ek hoop ‘n ondersoek word geloods want die man se toekoms kan heel moontlik deur die val geraak word.

Tiger ·

Geen veiligheidsgordel gedra nie?Hoe kan dit toegelaat word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.