Man kritiek ná val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 29-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat hy ongeveer 15 meter ver in Hillcrest, KwaZulu-Natal, geval het.

“Die man het op sy rug in die middel van die werkarea gelê toe paramedici by die toneel in Shepstoneweg opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het beserings aan sy arms, bene en rug opgedoen.”

Die man is na die Hillcrest-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Hy het vermoedelik gegly en toe deur die plafon van die dak geval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.