Man kritiek ná voertuig teen berg afgly

Die motor se wrak (Foto: Verskaf)

ʼn 60-jarige man is in ʼn kritieke toestand nadat sy voertuig Woensdagoggend teen ʼn berg in Gordonsbaai in die Wes-Kaap afgegly het.

ER24-paramedici is die oggend omstreeks 10:00 na die Mountainside-gebied in Gordonsbaai ontbied.

“Met paramedici se aankoms op die toneel was lede van die Wes-Kaapse brand-en-reddingsdienste asook Gordonsbaai-nooddienste reeds op die toneel,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.

Reddingsdienste op die toneel (Foto: Verskaf)

“Hulle het al teen die berg na die voertuig afgesak om by die pasiënt uit te kom.”

Nadat die man na die bopunt van die berg gebring is, het paramedici bevind dat hy in ʼn kritieke toestand was. Hy het verskeie ernstige beserings opgedoen.

Die man is op die toneel behandel waarna hy per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Presiese inligting oor die voorval is nog nie bekend nie.

Die polisie was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ansie ·

Sjoe, die motor is omtrent uitmekaar geruk. Hoop die man herstel van sy beserings.

Danie ·

Daardie pad is bekend vir sy jaagduiwels en ook motorfietse wat soos besetendes jaag.
Gereeld verloor mense hul lewens daar maar geen georganiseerde verkeerspolisiering word gedoen nie.
Spoedkameras gaan nie help nie, verkeerspolisie moet op verskeie strategiese plekke ontplooi word sodat ‘n oortreder by ‘n volgende punt afgetrek kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.