Man kritiek toe motor hom in botsing van leer af slinger

‘n Foto van die toneel in Rondebosch (Foto: Verskaf)

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy van ʼn leer afgeslinger is toe ʼn motor die leer getref het.

Annine Siddall, ER24-woordvoerder, sê die voorval het glo in Klipperweg in Rondebosch in die Wes-Kaap gebeur.

Siddall sê die man het by aankoms van nooddienste op die toneel in ʼn afvoersloot gelê en was reeds in ʼn kritieke toestand.

Die man is deur paramedici van die Life-noodspan behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir dringende mediese behandeling.

Volgens haar is dit nié duidelik of die man se lewe in gevaar is nie. Siddall kon wel bevestig dat die man veelvuldige beserings opgedoen het en in die waakeenheid opgeneem is.

ʼn Polisieondersoek na die voorval is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.