Man kritiek, twee ernstig ná ineenstorting by winkelsentrum

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

Drie mans is Sondag beseer weens die ineenstorting van ’n betonblad by Eastgate Mall aan die Oos-Rand.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 13:10 plaasgevind.

“Die mans was besig om sowat drie verdiepings hoog op ’n betonblad te werk, toe dit ineengestort het,” het Botha gesê.

“Een van die mans het lewensgevaarlike beserings opgedoen. Die ander twee is ernstig beseer.”

Die mans is na ʼn hospitaal in Alberton geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ineenstorting word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

CHRISTA ·

Word ons ingenieurs en ambasmanne nie meer behoorlik opgelei nie of het almal wat die nodige kennis het geëmigreer of word hulle nie in die poste aangestel nie as gevolg van hulle ras?

Moeks ·

Die mense met kennis emigreer. Weet van ‘n strukture ingenieur was sopas weg is uit SA na Duitsland. Kry nie werk hier nie.

Louis ·

Ek het 3jaar gevat met my ambag 2jaar afslag gekry . Vandag 3 tot4 weke maks.Dit lyk my ons ou generasie was maar ń bietjie dom.

Liefie ·

Baie snaaks en intressant dat dit n Liberty gebou is. JHI se huis van kaarte val behoorlik in mekaar. Eers Sandton mall nou die een. Wys maar net die gerugte in die gange van die property management industrie is dalk nie net gerugte nie en dit wemel oor JHI.

Mr P ·

Die manne met kennis is werkloos. Is ook besig om landuit te trek net om te kan werk. Die mense wat nou bouwerk doen, koop n CIDB gradering en n NHBRC sertifikaat. Nou is ons gevaarlike bouers. Die regering forseer die groot maatskappye om swartes werk te gee indien jy miskien die regte papiere het. Dit is lewens gevaarlik.

casper ·

As jy op skool is en jy het net 30% dan slaag jy so as jy gaan werk dan weet jy niks so dan gaan jy na n opleidingskool dan skop hulle jou uit want jy kan nie by bly nie nou staan jy maar langs die pad word opgetel as goedkoop ardeit gaan werk daar saam met honderde ander werkers en net met een voorman wat ook nie eers almal kan oppas nie dan begint die brouwerk.

JP ·

Wag nou mense. Hou die klip in jou hand totdat IEMAND weet wat gaan aan. Ek stem saam dat onkundige arbeid toegepas word oral – ek is immers self werkloos omdat dit gedoen word – maar daar kan baie redes wees vir so ineenstroting. Ons moet die probleem opspoor, die skuldige reg aanspreek, dit is belangrik ja, maar die belangrikste is om die sisteem te herstel. ONS moet dit doen. Niemand gaan dit vir ons doen nie!

Ruby ·

Wat is dit deesdae dat mure net omval? Is die fondasie nie breed genoeg of is dit swak vakmanskap?

Kan ‘n ingenieur of bouer dalk meer lig op die onderwerp werp?

Deloris ·

Kwaliteit van werk waar is dit heen? Toesig ? Inspeksies???? iemand gaan moet verduidelik !!

johan ·

Die probleem is net die waarheid word altyd verdraai. Die wat die ondersoeke doen weet dat dit swak vakmanskap was, maar moet als verdraai dat dit lyk asof daar ander probleem was.

Eddie ·

Teen die trand wat die Malls opgerig word is dit geen wonder die goed val in mekaar nie. Alles word met een helse spoed gebou en ja daar word baie short cuts gevat om kostes te bespaar. Hoe meer die kontrakteur in sy sak kan stop hoe beter vir hulle. Hulle gebruik goedkoop arbeid en ongeletterde mense wat nie regtig weet wat aangaan nie. Dit is hoekom alles inmekaar val. Hou op om Malls in 6 maande klaar te bou en begin eerder kyk om ordentlike goed te bou wat jare kan staan.

Arizona ·

Ek twyfel baie baie sterk of dit die werkers se skuld was hier. Was iemand al by Eastgate nou onlangs. Hulle bou teen n geweldige spoed met drade wat oral los hang en onvoltooide dakke. Ek dink hierdie was n kwessie van haastige hond verbrand sy mond.

JOHNY ·

My insae wat ek wil lewer het nou wel niks met bogenoemde te maak nie.alle winkelsentrums moet by al die uitgange of ingange bulletproof roldeure laat aanbring .Een roldeur lang gang weerskante bulletproof vensters en dan weer n bulletproof roldeur soos wat hulle in banke gebruik.met kammeras geinstaleer sodra daar n roof plaasvind volg hulle hom op kamera en sodra rower tussen twee roldeure is word dit gesluit deur beheerkamer en rower of rowers kan nerens heen beweeg nie en sodoende is die publiek dan ook veilig en rowers met hulle wapens is vasgekeur tussen die twee deure en dan vat die polisie oor

johny ·

Iemand sit te min sement in.Wie dra die sement weg om te verkoop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.