Man kritiek wat ver val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Woensdag ernstig beseer toe hy by ʼn onderneming in Emfuleni-rylaan in Vanderbijlpark van ʼn lang leer afgeval het.

“Paramedici het net ná 09:00 by die toneel opgedaag en is gelei na waar die man op die gras gelê het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.

Die man was in ʼn kritieke toestand.

Paramedici het onmiddellik met behandeling begin waarna die pasiënt deur ʼn private mediese helikopter na ʼn hospitaal in Johannesburg geneem is.

Die man was blykbaar besig om die bokant van ʼn boom te snoei toe hy sy vastrapplek op die leer verloor en geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.