Man kry 80 jaar tronkstraf vir veediefstal

Argieffoto

Argieffoto

Die Mokopane-streekshof het Tinus Groenewald (37) tot 80 jaar tronkstraf gevonnis vir veediefstal, het Beeld Maandag berig.

Volgens die berig het Groenewald in Julie en Augustus 2013 meer as R2 miljoen se vee in Limpopo en Noordwes gesteel.

Landdros Gerhard Pretorius het Vrydag gelas dat Groenewald van die vonnisse gelyklopend kan uitdien. Volgens Beeld het die staatsaanklaer Liezl del Frate gesê Groenewald sal 16 jaar van sy vonnis uitdien.

Die diefstalle het plaasgevind op plase wat aan nasionale paaie grens. Die plase se grensdrade is geknip en ʼn vragmotor is gebruik om die diere op te laai en weg te neem.

Groenewald het homself in Augustus 2013 aan die polisie oorgegee nadat een van sy vragmotors op kringtelevisie by die Kranskop-tolhek afgeneem is. Andries Chauke (52) en Titus Chauke (34), Groenewald se medebeskuldigdes, hou vol hulle is onskuldig en hulle verhoor sal apart voortgesit word, het Beeld berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

moedeloos ·

80jaar vir vee diefstal maar verkragters en moordenaars kom weg met n ligte vonnis. Kan iemand my asb verduidelik hoe die ding werk asb. Ek stem glad ni saam die vonnis ni. Ja hy ht vee gesteel maar heng dis nie dat die diere n lewe het wat voor hulle le nie

Isobel ·

so tipies suid afrika jy kan verkrag en vermoor dan loop jy vry of kry n skamelinge 10 jaar maar moet asb tog net nie steel nie.

Paul ·

Behalwe as jy die President is, dan mag jy na haretelus steel. Hy was voorheen die Slagter van Quattro, so daaraan het hy nie meer so groot behoefte as aan ander mense se geld nie.

Theresa ·

Goeie genugtig. Moord en verkragting en jy maak ‘n draai in die tronk en uit is jy maar veediefstal en jy kry meer as lewenslank. 80 Jaar. Ja nee – jy kan maar net 1 en 1 bymekaarsit ……………….

Anoniem ·

Ek dink dis hoogtyd dat daar dringend ondersoek ingestel word hoe vonnisse so drasties kan verskil. Vermoor liewer maar moenie steel nie terwyl korrupsie hoogty vier.

sproetjies ·

Dis nou interressante vonnis. Moord en verkragtigting kry miskien 10 jaar of selfs minder.
Genade ons is ‘n mens se lewe nie meer werd as R2miljoen se vee nie?

sproetjies ·

Dis nou ‘n interressante vonnis. Vir moord en verkragting kry jy 10 jaar of selfs minder.
Genade is ‘n mense se lewe nie meer werd as R2miljoen se vee nie?

moedeloos ·

Ja nee lyk my vee is belangriker as mense. As hulle so aan gaan gaan die verkragters seker 10 keer lewenslange tronk straf kry as hulle vee begin verkrag. Wonder wat is besig om met ons land te gebeur. Watse insig het ons kinders in die lewe. Maak my siek

Narike ·

80 jaar….. Mag ons asb die grondwet en regstelsel in die ASBLIK gooi. Ek sal eerder dink die kriminele moet sulke vonnisse kry!!!!!!!!

Frikkie ·

Hy is n krimineel …..hy het/kon maklik n boer sy reg om n bestaan te maak gekos het wat baie mense se lewens sou raak….al daaraan gedink.

Grassie ·

Die opskrif van die berig is misleidend. Die man is in werklikheid tot net 16 jaar gevonnis en hy sal waarskynlik na ‘n paar jaar op parool vrygelaat word.
Daardie twee miljoen rand se vee is van wit boere se plase gesteel. Veediefstal het so ernstig toegeneem dat baie boerderye al gesink het daaroor. Dit behoort baie kwaai gestraf te word. Hierdie is nie net ‘n geval waar ‘n honger ou ‘n skaap gegaps het nie.
Ek stem saam dat die vonnisse vir geweldsmisdaad soms so kort is dat dit aan belaglikheid grens.

Paul ·

Die kastige honger ou wat ‘n skaap steel behoort net so swaar gestraf te word. ‘n Mens kry nie klein sondetjies en groot sondes nie, sonde is sonde.

Thys ·

Ja nee kyk Grassie ek stem saam met jou, die skurk kry in werklikheid net 16 jaar. Ek stem saam met die ander dat die vonnis vir moord baie strawer moet wees, inteendeel vir moord behoort jy gehang te word.
Maar vee diefstal het veroorsaak dat ek my boerdery moes opskop, so as hulle hom 80 jaar gegee het sou ek beslis nie daaroor gekerm het nie.
Hy verryk homself en verarm ander boere, ek leef vandag van die hand na die mond agv vee diefstal.

Gerald vd Merwe ·

Grassie Ek het jou al voorheen geantwoord. Maroela plaas nie my kommentaar nie.
Ek praat die waarheid en hulle hou nie daarvan nie. Miskien sal hulle hierdie berig ook nie plaas nie. Kyk op face book vir my uit. Gerald van der merwe

Grassie ·

Gerald – ek is nie aktief op Facebook nie. Vat dit maar net kalm met Maroela. ‘n Mens leer mettertyd wat hulle afhaal en wat hulle toelaat. Ek was al baie afgehaal – dit gebeur nou nog af en toe. Dit is soms nie wat jy sê wat die probleem is nie, maar die wyse waarop jy dit sê. Probeer weer ‘n slag. Groetnis.

Lynni ·

Grassie, hoekom kleur inbring. (wit boere). Wat maak dit saak of dit wit of swart boere is? Dis regtig nie okay om kleur by elke berig in te bring nie.

Grassie ·

Lynni – Groot georganiseerde veediefstalle word in die meeste gevalle teen wit boere gepleeg. Die rede daarvoor is dat wit boere (wat die volk moet voed) se vee gewoonlik in ‘n baie goeie kondisie is en dus vir meer geld verkoop kan word. In hierdie geval is die dief ook wit.
Moet ek realiteit verswyg bloot om polities korrek te wees?

Gert Petzer ·

Lynni….Grassie het bedoel dat die boere wit warm was oor die vee wat gesteel word…kom ons begin nie nou i rasse storie nie want meeste van die vee was bruin gewees.

Pierre Celliers ·

Waarom word 80 jaar gemeld as dit nie toegepas word nie?

Hendrik ·

Hy het gesteel en sy straf gekry. Renosterstropers moet dieselfde straf kry. 16 jaar is ‘n billike straf. Ek glo verkragters en moordenaars moet lewenslank sit sonder parool.

Jasper ·

Hierdie maan het verskeie klagtes teen hom. Al die vonnisse saam teen hom is 80 jaar. Hy is bevoorreg om van die vonnisse saam uit te dien en net 16 jaar te kry.

Jasper ·

Hierdie maan het verskeie klagtes teen hom. Al die vonnisse saam teen hom is 80 jaar. Hy is bevoorreg om van die vonnisse saam uit te dien en net 16 jaar te kry.

carel ·

ja ek wou n klom goed se maar julle het alles klaar gese – kyk ek stem saam vee diewe hoort in die tronk en ek voel niks vir die sot nie maar die hele ding is rasisties – hoekom is hy en sy handlangers nie saam verhoor nie?
Dan moor imand en jy sit 10 maande (ja Oscar) maar steel vee en jy kry 80 jaar daar is groot fout met ons regstelsel……

CHRISTA ·

Dalk wil die Hof veediewe afskrik, want daar is nou ook meer swart boere en hulle gaan net soveel skade ly.

Yoalne ·

ek dink dis baie vir veediefstal! Verkragters en Moordenaars sit nie eers so lank nie. Ja hy’t verkeerd gedoen maar dit is belaglik!!!!

Mickey ·

Om in die stad te bly, te werk en jou selaris elke maand te kry is seker baie moeilik om te verstaan dat n boer nie elke maand n selaris kry nie hy moet elke dag die eise van die natuur handteer na die beste van sy vermoe hy moet grond koop ten duurste dan moet hy beeste koop hy moet voer en lek koop werksmense betaal ,spuitstof koop vir allerhande siektes ens ens ens dan kom n pes wat te sleg is om te werk en kom steel maande se arbeid in een aand om sy gierigheid te bevredig vir my part kan veediewe 100 jaar ook sit want jy kry die vuilgoed in elke gemeenskap in die land en die tragiese sy is dat dit soms die vriendelike ou is wat jy altyd by die vedusie raakloop of wat al koffie in jou huis gedrink het Soms wonder ek of mense in die stad ooit wonder wat se probleme n boer moet oorbrug en om nie eens te praat van die gedurige vrees vir onverwagte wreedaards wat jou gesin wil uitwis nie elke slukkie melk elke vleisie groente vrugte ens kom van n boer dit sal wonderlik wees as mense dit ingedagte hou as jy daai happie in jou mond druk gee die ouens bietjie krediet deur te verstaan wat die impak van veediefstal op elke boer in die land het

andre ·

het julle al gewonder hoekom hy die vee gevat het.as alle werkgewers net wil ophou met “cheap labour” deer mense van ander afrika lande in diens te neem sal daar meer vir ons suid afrikaners wees.maar nee dis makliker om hulle in diens te neem en so min as moontlik te betaal en dan is hulle nog die mense wat hul werkgewers vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.