Man kry boete oor seks met hoender

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man van Mpumalanga is in die Louw’s Creek-landdroshof buite Barberton beboet nadat hy erken het dat hy met ‘n hoender seks gehad het.

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) sê in ‘n verklaring dat Sfiso Sambo ‘n boete van R500 opgelê is. Sambo is ‘n veiligheidswag in die area.

Volgens senior inspekteur Maggie Mudd het die polisie in November 2013 die DBV genader vir regsadvies nadat ‘n saak van bestialiteit geopen is.

Mudd sê die hen is so wreedaardig geskend dat haar ingewande uitgeruk is. Sy sê die hen was steeds lewendig toe die DBV op die toneel aangekom het. Die hen is na ‘n veearts geneem en is weens die aard van haar beserings van kant gemaak.

Mudd sê die veearts het ‘n verslag saamgestel oor die hen se beserings en lyding waarna die DBV aanklagte aanhangig gemaak het in terme van die Dierebeskermingswet en die Strafregwysigingswet.

“Bestialiteit is ‘n kriminele oortreding in Suid-Afrika. Dit is onbeskryflik wreed en skadelik vir die dier en is ‘n ernstige aanduiding van afwykende seksuele gedrag,” het Mudd gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Johann ·

Hoe meer sadisties, hoe meer satisfaksie kry ‘n barbaar uit ‘n daad waar die bloed vloei. Die voorspel is ook van so ‘n aard dat die slagoffer nie ligterlik daarvan afkom nie.

Pikkie ·

Ek is geskok ! Dis nie net wreed en barbaars nie, vir my is dit eintlik ONDENKBAAR ?!?!

AmY ·

Dalk moet ons eerder dankbaar wees dat die skuim met ‘n hoender seks gehad het, en nie ‘n babatjie of kindjie of ou mens vekrag het nie.

Dit regverdig natuurlik steeds nie die daad nie. Hy bly laer as slang-sleepsel.

Dalleen ·

Weet nie of ons regtig dankbaar moet wees nie. As jy kans sien om seks te hê met ‘n hoender (walglik), dan is jou selfde spesie ook nie veilig nie. Soos Mudd in berig sê” ‘(Dit) is ‘n ernstige aanduiding van afwykende seksuele gedrag’. Hulle moet ernstiger strawwe vir hierdie persone oplê. Want vandag is dit ‘n dier, more is dit dalk ‘n kind. (Aangesien al2 ewe weerloos is)

carel ·

Selgste van die saak is dat ons ons lewns, strate en land met hier die siek outjies deel? – Dalk moet iemand vir die outjie a afspraak reel met n Olifant bul – laat hy kan voel hoe dit voel?

Michelle ·

Dit is vreeslik hartseer en skokkend. Hoop hy verloor sy werk. Gemors!
Dis n wreede wereld. Ek voel sommer siek. Om n boete opgele te word van R500 is nie n straf nie!!

Marietjie ·

Ag nee, sies man en net ‘n R500-00 boete?? Dit was maar die begin van wreder dade wat gaan kom.

SKANDE! ·

Hoe laag kan ‘n “mens” (ek wil nie eintlik eers die term aan so iemand gee nie) daal? Hoe siek! Ek dink dit sal gepas wees as hierdie aan al sy vriende en mense om hom weergee word sodat hulle hom vreeslik kan uitlag en verneder – maar op die ergste manier – dalk sal dit MEER as die R500 boete help om hom twee keer te laat dink oor hoe dierlik hy is. Wat is aan die gang met die mensdom??

pop ·

Ons moet almal baie baie bang wees. Die duiwel heers absoluut in hierdie dae,
dis oral om ons te siene. Die persone waarnatoe n volk moet opsien spreek dan toordokters, gooi dolosse,en glo in hulle voorvaders se geeste. Nou wil almal verbaas wees!!!!!Hierdie is net die begin,hou maar asem op.

Elizabeth ·

Die wat onwrikbaar in God glo sal weet ons leef in die laaste dae en al die dinge sal gebeur. Dit staan so in die Woord geskryf (Die boek van Openbaring). Daarom nou meer as ooit tevore moet ons seker maak ons saak is reg met God. Hierdie man gaan voor die Wit Troon oordeel verskyn – so los hom vir God, die ewige hel is vir hom bestem…..tensy hy “REPEND”

Nina ·

Absoluut geen, maar GEEN menslikheid in die ding nie. Ek is skoon naar. En ons moet spasie met die gemors deel…..

Stephanie Gernandt ·

Hierdie abnormale gedrag dui op n ernstige geestesongesteldheid. Hy moet summieropgeneem word vir waarneming. Watter dier is volgende op sy lys??

G de Wet ·

Die’ Wet van God is duidelik hieroor , Levitikus 20:15 . Maar dis nie net hoenders nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.