Man kry borgtog ná moord op mynbestuurder

mynboubedryf-02

(Argieffoto: pixabay)

Verdagtes is borgtog van R20 000 toegestaan nadat ʼn mynbestuurder in Januarie in Mpumalanga doodgeskiet is.

Xolane Simelane (38) word daarvan verdink dat hy die bestuurder van ʼn myn in Carolina doodgeskiet het net voor sy vir werk sou vertrek. Dit is nie bekend hoe Simelane aan die slagoffer, ʼn vrou, verwant is en of hy by die myn gewerk het nie.

Hy sal na verwagting weer op 29 April in die landdroshof op Carolina moet verskyn.

Volgens inligting wat die polisie op 26 Januarie bekendgemaak het, is die vrou geskiet net voordat sy werk toe sou gaan. Sy was in haar Toyota-bakkie toe sy geskiet is.

“Die polisie en paramedici is na die toneel ontbied, waar hulle die slagoffer roerloos agter die stuur van haar bakkie aangetref het,” het kol. Donald Mdhluli, polisiewoordvoerder van Mpumalanga, destyds gesê. Die slagoffer het verskeie skietwonde aan haar bolyf gehad. Die bakkie was aangeskakel. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Simelane is ʼn paar weke later in hegtenis geneem.

  • Hierdie berig is gewysig nadat dit aanvanklik gepbuliseer is. – Red.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Casper ·

Veduidelik dit vir my,’n swart moordenaar kry borg maar vier bittereinders moet harde bene kou om borg te kry.

Martie ·

Nee sowaar as wragtag daar is groot fout met die regstelsel, eintlik met die mense wat dien in die regstelsel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.