Man kry doodsdreigemente oor hokfoto

Die foto wat wyd reaksie op sosiale media ontlok het. Foto: Facebook

Die foto wat wyd reaksie op sosiale media ontlok het. Foto: Facebook

Die polisie het gister die huis van Johan Erasmus besoek, die Oos-Kaapse man wat nou doodsdreigemente ontvang nadat hy ʼn vrou in ʼn hok agterop sy bakkie vervoer het.

Maroela Media het vroeër berig ʼn foto van ʼn vrou in ʼn hok agterop ʼn bakkie het sedert Donderdag groot opslae op sosiale media gemaak en is wyd veroordeel. Dit het later aan die lig gekom dat die vrou in die hok Linda Stenekamp (27) is en dat sy ʼn saamrygeleentheid gegee is toe sy in die hok geklim het.

Die foto is na bewering Dinsdag naby Cradock geneem. Dit is nog nie duidelik wie die foto geneem het nie.

Erasmus (41), ʼn agent wat skape koop en verkoop, het erken dat Stenekamp agterop die bakkie in die hok gesit het, maar het gesê sy het dit uit vrye wil gedoen. “Ek was besig om skape op ʼn plaas te weeg toe sy my genader en gevra het vir ʼn saamrygeleentheid dorp toe. [Die hok] is los van die bakkie en word gebruik om skape te weeg. Toe sy my gevra het vir ʼn geleentheid dorp toe, het ek haar gevat, want dit is 65 km weg van die plaas af,” het hy gesê.

Erasmus het volgehou hy het vir Stenekamp gevra of sy nie eerder voor in die bakkie se kajuit wil sit nie, maar sy het gesê sy wil graag agter sit. Gister het die misdaadbekampingsorganisasie eBlockwatch ʼn video op hul Facebook-blad geplaas waarin Stenekamp verduidelik dat sy eerder agter wou sit omdat dit warm was. Sy erken in die video dat Erasmus haar gevra het of sy wil voor sit, maar sê sy “is gewoond aan agter sit”.

Intussen het ao. Louis Stone, woordvoerder van die polisie, bevestig dat polisiebeamptes Donderdagoggend Erasmus by sy huis besoek het. Stone het gesê die polisie dra kennis van die foto en storie wat op sosiale media die ronde doen.

“Dit is voortydig om in hierdie stadium kommentaar te lewer oor die stappe wat die polisie sal doen, aangesien daar nie ʼn saak aangegee is nie. Sodra ʼn saak aangegee is, sal dit ondersoek word en verklarings sal by albei partye afgeneem word,” het hy gesê.

Erasmus se vrou, Leta, het Donderdag aan African News Agency gesê die egpaar het sedert gisteroggend dreigemente ontvang. “Ons ontvang van vanoggend af heeltyd dreigemente. Mense dreig om ons te kom doodmaak, omdat ons ʼn vrou ʼn saamrygeleentheid gegee het. Mense bel ons om te vra of ons haar aangesê het om dit te sê,” het Leta gesê.

Sy het gesê sy het die video van Linda gemaak, sodat Linda haar kant van die saak kon vertel.

Intussen het Gushwell Brooks, ʼn woordvoerder van die Menseregtekommissie (MRK), gesê die saak is na hul regsdepartement verwys. “In hierdie stadium kan ek nie kommentaar lewer nie. Ons het vanoggend [Donderdag] hiervan bewus geword en dit na ons regsdienste-eenheid verwys. Ons wag vir hul terugvoer,” het Brooks gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Rene ·

Mense is so sensasie belus en sal enige voor al gebruik en dit as rassisties uitbeeld. Deur hierdie optrede bevorder hulle eerder rassehaat. Dink hulle regtig dat hierdie egpaar weer s n welwillendheids gebaar sal doen?

Jaques ·

Mense, wit mense en boere veral, as jy ‘n bakkie het, ‘n trokkie het, ‘n bussie het, of enige vorm van vervoer waarmee jy jou medemens kan help, MOENIE.
Hierdie is nou die perfekte voorbeeld van hoe onse sogenaamde nie-rasserige regering jou sommer as rassis uitkryt as jy iemand op sy eie vraag ‘n lift gee.
Ek sal verseker NIE vweer vir ENIGE iemand ‘n lift gee nie, buiten die feit dat jy dmv goedhartigheid sommer in die middel van ‘n rasse herre kan beland, is dit elk geval ook heeltmal te gevaarlik in vandag se tyd.

Bernard ·

Ek dink regtig hierdie is uiters onnodig om so met die boer aan te gaan omdat hy ‘n goeie daad verrig het om iemand te help. Die polisie kan eerder al hul aandag vestig op die plaas moorde as om met sulke snert op te hou die beste van alles is sy herken self sy wou agter sit niemand het haar forseer om agter te sit nie. WORD WAKKER!!!!

Fritz ·

Die ANC regering sal nou seker n wet in werking kry dat net witmense agter op n bakkie mag ry. Anders as dit is daar nie n wet wat gebreuk is nie en niks kan dus teen die boer ondersoek word nie. Net sensasie en probeers ons uitmaak as die rasiste

mara ·

Nou wil ek weet. Was dit n set om die boer sleg te laat lyk of wou sy regtig n geleentheid he. Die boer het uit sie goedheid van sy hart in n set getrap.

mara ·

Nee jong ek voel nie gerus oor die een nie. Die arme boer het in n set getrap want dis net te duideluk dat die persoon jannie jammergat speel en weet iemand sal n foto die wereld instuur. Sekerlik sou die plaasmense na haar omsien as sy by n kliniek moes kom. Waarom n vreemde man vra. Nee iets is nie pluis nie.

Fritz ·

Ongelooflik hoe n swart persoon se eie besluit soveel media dekking kry teenoor die hoeveelste wit boer wat vermoor is. Die arme man wat n goeie daat uitgevoer het word nou so behandel maar die plaasmoorde word nie eers behoorlik ondersoek nie. Ek sal graag wil weet wat gan hulle teen hom ondersoek. Weereens die land en regering is n grap. Swartmense moet vrede maak. Ons as wittes is hier om te bly en klaar.

Peet ·

Hierdie land maak my siek met sy alewige vermorsing van tyd op onbenullighede en politieke korrektheid. Die goed wat as rassisties beskou word en die voortdurende bombardement van witmense wat sus en so gedoen het. As al die tyd wat op die snert vermors word, aangewend kan word om daadwerklik iets te doen, kan SA ‘n beter plek vir almal word.

Karen ·

Wag vir dit……… Die ANC of EFF gaan haar nou betaal om haar weergawe van gebeure te verander.

cor ·

Karen jy is reg en hulle gaan ook se volgens die video het die wit vrou haar voor gese wat om te se. Kyk liewer ander pad en wees horende doof as iemand ‘n saamry geleentheid soek, want as iets gebeur is jy as voertuig eienaar die vark in die verhaal, want alles draai no om 2019 poletiek.

Scalla ·

Daar is belangriker aspekte wat veel meer aandag moet geniet en nou word dit gebriek deur die strooi.

Koos ·

Maak gou hierdie som. Daar is 2 wit mense en 3 swart mense wat saam in n kar ry na n konverensie toe. Die eienaar van die kar is Wit. Sou jy die ander Wit persoon voor laat ry, dan is jy sekerlik n rasis of hoe?

Ben ·

Regte piesangrepubliek. Klomp narre in beheer van die land en nog meer wat hulle ondersteun. Niks is meer goed nie en daar word altyd ‘n lawaai oor die geringste gemaak. Die vrou wat vir ons werk se mond is baie dik ! Ek het haar nie vanoggend na die taxi staanplek geneem nie. Sy en haar pakkasie moes maar loop. Dis wat die narre wil hê en dis wat hulle kry !

Hou OP ·

HOU OP GOED DOEN VIR ANDER, CHARITY BEGINS AT HOME!! Los eerder ander mense heeltemal uit, want gee jy ou klere dan disrespekteer jy hulle, gee jy oorskiet kos, moet hulle soos honde die krummels eet, so GOOI DIT IN DIE ASDROM!! As iemand ‘n geleentheid soek, RY VERBY, as iemand se kar breek, RY VERBY want dit is ‘n set om jou kar te kaap, hulle wag in die bosse vir jou .. RY VERBY, HOU VERBY, HOU OP komberse en sop uitdeel vir mense wat jou met die dood dreig!!

Maddox ·

Beter kon k dit nie gestel het nie. Jy is absoluut reg. Piet Retief het ook goed gunstelik sy en sy manskappe se gewere buite die kraal gelos, en kyk hoe het hulle opgeiendig. Nee wat soos jy se, moet NIKS maar NIKS vir hulle doen nie. Probeer eerder net arm wit mense en wittes in nood te help, maar geen ander nie.

Marietjie ·

Die beste raad is moet vir niemand meer ‘n saamrygeleentheid gee nie. Die Vader het vir elkeen twee bene en twee voete gegee. Laat hulle maar daarmee loop. Ons bly in ‘n siek land.

Ronel ·

Die hele saak gaan nou veroorsaak dat blankes nie meer nieblankes saamry geleenthede of selfs algemene bystand sal gee nie. Dis net nie al die drama werd nie… of is ek verkeerd?

Sakkie ·

Miskien moet hulle die geleerde Mnr Brooks en sy sogenaamde MRK los dat hulle eers hulle kaarte op die tafel sit. As die lot verkeerd bewys word, begin dan met ‘n lasteraksie teen die bogenoemde instansie en sy lede.

Yster ·

Hoekom moet dit altyd n rasse ding word. As n bruin n swart agterop laai dan is dit niks. Ons word altyd aan die groot klok gehang. Belaglik verby. Maar nou word hy gedreig. Ek wonder altyd wie is regtig die rasiste. Ons kan net raai.

wilma ·

Dalk was hierie n beplande ding van n politieke groep. Vertrou niemand. Laat mense ma liewers op hul eie by hul bestemming uitkom. Ek sal niemand oplaai

Ruby ·

Ek stem saam.

Voor my hulp ook uit verband geruk word……my hulp stop hier…vandag!!

Louise Jansen ·

Maklik soos dit. Geen “lifts” word toegelaat nie. Want eerste plek ek as enkelvrou doen dit net nie meer nie…want jy weet nie meer waar is jy veilig nie.
Wie kan jy vertrou nie.
Tweedens as ek in n ongeluk sou kom met n mens vir wie ek n rygeleentheid gee..dan is daardie fout ook myne..
Derdens kan ek nie sien hoe hul die man wil aanvat AS die vrou aangebied was om in te klim voor in die bakkie nie…en VERKIES het om agterop te sit.
Deesdae word alles uit verband geruk en deesdae is dit so maklik om n klag te le.

cor ·

As een ‘n saamry geleentheid soek se ek altyd “lift your feet and walk” maak nie saak wat die ras van die persoon is nie. Jou kar en selfoon is vir hulle meer werd as jou lewe of die saamry geleentheid of stuk werk wat jy hom gee. Kyk ander pad en wees horende doof want jy gaan net aan die kortste end trek. Dit is nou maar eenmaal so in hierdie sogenaamde nuwe SA.

Alna Baard ·

Vervolg die persoon wat die foto geplaas het. Teveel mense beskuldig onskuldige mense valslik en kom daarmee weg.

Renè ·

Ek stem heeltemal saam. Die fotograaf het hier absoluut verkeerdelik en sensasie soekend die foto die wereld ingestuur sonder om aan die gevolge te dink. As hierdie man en sy familie iets oorkom sal die fotograag 100% verantwoordelik wees.

Rynhardt ·

Gistraand op SABC2nuus het die vrou erken dat sy vrywillig in hok gesit het en dat die man onskuldig is.Wit mense moet besef dat jy niemand in n hok kan sit, nog minder in n kis of vat agter op bakkie, al het daai persoon toestemming gegee.Alle wetgewing is teen die blanke.More word daai spesifieke foto van persoon agterop jou bakkie geplaas op die internet.Dan gaan die Anc, Abc-Jeugliga, DA, Menseregtejimmissie jou vervolg!! Liberale media gaan jou op hul voorblaaie he asook internasionale media.Dan neem die haat verder toe teen ons mense en onskuldige wit boere word dan vermoor.Wittes jy sit niemand in enige voorwerp agter op jou bakkie nie, anders gaan hul jou vervolg!!!

Riaan ·

Ek het ook al vir baie mense saamrygeleenthede gegee maar nou sal ek ditnie meer doen nie. Jammer vir die mense wat opreg ‘n geleentheid soek.

Adeline ·

Niemand het hierdie vrou gedwing om saam te ry nie. Sy is 27 jaar oud, groot genoeg om self te kan besluit. Soos die ancwl aangaan is sy in die hok gedwing. Belaglik!

Andre ·

Blah blah …gaap ..gaap , nog n politieke dam wat onder n eendtjie uitgeruk word.Plaas dat hulle n REGTE werk kry en dit doen inplaasvan niks doen en “crap” uitdink.

Piet Pompies ·

Dit gebeur as jy valslik iemand in die openbaar beskuldig van ‘n onskuldige aangeleentheid. Ek hoop die een wat die klok gaan hang het word aangekla van naamskending met ‘n astranomiese eis van miljoene.

Etienne Harris ·

Vir die van ons wie so bevoorreg was om op ‘n plaas groot te geword het sal weet dat dit normale praktyk is vir die plaasvolkies om agter op die bakkies te spring as die wiele dorp se kant toe draai – en langs die pad word Piet, Koos en Jan ook sommer opgelaai. Hierdie storie kom Cradock af… platteland waar mense nog respek het vir mekaar, ongeag die ras. So iemand is besig om hier kwaad te steek; baie eenvoudig. Hoop dis nou ‘n les vir alle boere… geen gunsies en saamry geleenthede meer nie!

Jan ·

Suid-Afrika is sieker as wat ek gedink het, en die media met hul dors na sensasie hardloop saam om die meeste myle daaruit te kry.

rentia ·

Ek verwag van maroela media om asb berig te plaas dat Mnr WJ Erasmus van Gauteng g geensins betrokke is by die voor val nie. Mense versprei saam met bg foto n gesond foto van my man en kinders en ons begin dreigemente kry hoe mense dinge aan ons kinders gaan doen. Die feite is 1. Die betrokke persoon is JW Erasmus en my man is WJ Erasmus
2. Ons het nog nooit n Isuzu gery nie
3. Ons woon in Gauteng en nie in Cradock
Persoonlik info word nou versprei op fb

Lee-anne ·

ja-nee, sopas my ‘mind’ opgemaak: geen werk, geen hulp, geen footjies in parkeerarea, geen gebruikte klere, geen kos, geen ‘lifts’. Hoop ek kan nou by hierdie nuwejaarsvoorneme hou.

Hardus Botha ·

Ongelukkig die harde werklikheid! Bly maar by jou besluit!

Retha ·

Stem saam. Mens is te bang o. Vir iemand iets te gee, daar is altyd iemand wat die dam onder die eens uit ruk.

bekommerd ·

Ek stem. Daar word teveel van ons kant vir die “agtergeblewenes” gedoen en te min vir ons eie mense. Kyk maar op tv, die wat dit nog het!!

Simon ·

Ja nee, laat die mensies maar loop om hulle hulp aan te bied is om n lat vir jouself te pluk.

Hardus Botha ·

Moet net geen mense oplaai nie. Dink daaraan wat sou gebeur as daar ‘n ongeluk sou wees en die persoon/e is ernstig beseer of selfs dood. Dit kan jou finansieël op jou knee bring want skuldig sal jy skuldig wees!

Karma ·

Is dit nie in elk geval teen die wet om mense agterop ‘n oop bakkie te vervoer nie?

Smirre ·

Ek laai voortaan niemand meer op nie.

Hulle kan maar ‘n toon klap.

A ·

Wel om kommentaar op die foto te lewer sal ek sê die foto is in ‘n 8 of 10 ton trokkie uit geneem.

Hans ·

Die ou het goed bedoel en nou is hy in die moeilikheid daarvoor. Geen goeie daad gaan ongestraf nie.

Jy stap ongeveer 4.5km per uur as jy ‘n lekker tempo handhaaf. Volgende keer moet sy maar 13 tot 14 uur stap.

Marié ·

Wonder of die foto geneem is toe die voertuig stil gestaan het of is dit geneem terwyl die voertuie beweeg het. Indien wel is die “fotograaf” skuldig aan gebruik van ‘n selfoon/kamera terwyl hy/sy bestuur. Wonder wat sê die wet/kritisie daarvan? Vra maar net.

Fielies ·

Ja en Linda Stenekamp is skuldig daaraan dat sy nie mooi vir die foto geglimlag het nie.

Marina ·

Ek dink mens moet deesdae maar twee keer dink wat jy doen want enige iets deesdae word die dam onder die eend geruk

Waardigheid ·

Ek se weer wat ek alreeds gese het. Diere…word in hokke vervoer.

Johan, alle aanduiding is dat jy die samaritaan was en nou kry jy doods dreigemente. Ons is jammer daaroor vir jou. Ten spyte hiervan moes jy ongelukkig van beter geweet toe jy die vrou ‘n saamry geleetheid gegee desnieteenstaande dat sy aangedring het om agterop te ry. Jy moes haar die keuse gestel het – dis of voor in die kajuit of niks…..

Die feit dat sy self agterop wou ry (bes mootlik uit deperaatheid) maak dit nie reg om die “skaapbehandeling” goed te praat.

Brakkenjan ·

Ja sy moes liewer gestap het, ek stem saam .. blase op die voete .. aanvalle op pad .. baie beter as om in ‘n ysterhok oppe bakkie te sit .. al het sy ingestem .. moet sy volgende keer loop ek stem 100% saam ..

AL ·

Ek stem Brakkejan. Dis beter om in so n geval glad nie n goeie daad te probeer doen nie. News 24 melk omtrent die storie tot die laaste druppel.

Millie ·

Liewe Vader wat volgende!! Ek bly ook op ‘n plaas en HET van die bure se werkers ‘n geleentheid agter op die bakkie gegee maar dis nou klaar. kry maar ‘n taxi of maak ‘n ander plan want more is ek in die sop ….

O nee jong... ·

Hi sies julle.
Hoe kan julle so met al hierdie vriendelike, nie-rassistiese, liefdevolle ongenooide huis besoekers wees wat maar eintlik net vir werk kom vra met sulke lelike opinies afmaak. Wat doen hulle aan ons??? Hulle sal nooit ons blankes sonder werk laat sit en irrationeel teen ons diskrimmeneer nie, net rationeel. Hulle sal mos natuurlik eerder net vat wat hul wou hê en gaan wanneer hulle ons as ongenooid besoek. Hulle weet mos hulle is slimmer en beter as ons blankes. Hoekom maak julle sulke stories op van die mooi mensies wat alles verniet wil hê, terwyl ons eie mense omtrent niks ondersteuning by hulle groot BEE maaskapye in hulle organisasies wat deur die regering daar gestel is om net hulle eie mensies te bederf met “handouts” nie.

Wat is nou die fout mense?

Ons moet ophou praat en vir mekaar sê “WORD WAKKER” As jy self deel is van hulle beleide en jy jouself nog sluimer lê.

Ons mense word vermoor en hulle taktiek om n vrees vir die meerderheid te ontwikkel werk al van die begin af. Maak eers dood jou vrees vir die meerderheid en daai tiepiese liberale vertstand sal jou verlaat.
Draai terug na jou volk en die geskiedenis toe en kry n trots vir jou volk. Dit is wat jy is en jy het niks om oor sleg te voel nie. As jy dit nie het nie is jy NIKS.

SUSAN ·

Ek gee ook saamrygeleenthede aan vrouewerkers na die taxi staanplek in ons dorp, maar sal maar van nou af eerder niemand oplaai nie. Die persone is maar altyd te bly dat hulle nie so ver hoef te loop in die hitte van die middag nie. Ek het egter nooit gedink wat se gevolge dit kan hê nie. So is dit nou maar, geen meer saamrygeleentheid nie.

Theresa ·

Kyk maar na statistiek van die afgelope 2 jaar van mense wat doodgemaak is deur ander vir wie hul altyd gehelp het. Die dae is verby van ag shame, kom ons help hier en help daar. Dis vreeslik hoe hierdie barmhartige samaritane uitgebuit word – selfs na jare se goedhartigheid. Nee, die skrif is duidelik aan die muur dat daar mense is wat glad nie meer gehelp moet word nie, want daar is NIE waardering daarvoor nie en dit kan jou jou lewe kos – letterlik en/of figuurlik.

Skim ·

Hoeveel van julle neem julle werkers taxi-staanplekke toe, julle moet dit onmiddellik staak, want buiten agter op ‘n bakkie wat nou skynbaar nie waardige behandeling is nie, moet julle hulle ook nie meer in die kajuit toelaat nie, want as jy in ‘n ongeluk kom en sy kom iets oor betaal jy vir die res van jou lewe aan haar ‘medies’ .. Daar is busse en taxis en voete .. POTIFAR!

Johann ·

Wat vir my die ergste is, is dat dit deesdae net 10 minute vat om iemand op te spoor as jy iets ‘vekeerd’ gedoen het en dit beland in die media. Dan is die hele wêreld op jou en jy is jou lewe nie seker nie. Waar kry die mense jou inligting so vinnig in die hande? Dit lyk my niemand het meer enige privaatheid nie.

Hierdie ouens van die ANC jeugliga en EFF is vinniger as die speurdiens.

Robert ·

Johann, hierdie ouens van die ANCJL en EFF is vinniger as die speurdiens want hulle het niks anders om te doen as om hulle ideologie na te streef en mense op te sweep nie

Hannie ·

Dit is belaglik. Mense soek altyd moeilikheid waar daar niks is nie. Stem laat hul maar voet slaan. Geen hulp verlening meer nie!

GES ·

Hierdie gebeurtenis het baie kwaad gedoen. Die mense (die name is bekend) wat die haatstorie begin het en behoort van rassisme en haatspraak aangekla te word. Dit is juis hierdie soort optrede wat wat alle goeie wil vernietig. Al wat dit beteken, is dat van nou af aan, drie maal sal gedink sal word voordat iemand van ‘n ander rassegroep gehelp sal word en dit net uit vrees dat dit die verkeerde indruk sal skep. Dit is ‘n tragiese dag in hierdie land se geskiedenis. Ek hoop AfriForum kan behulpsaam wees met hierdie saak.

cynthia ·

Dit is net weer n bewys moenie enige iemand help nie, dit kan teen jou draai en jy kan alles in die lewe verloor deur net behulpsaam te wil wees.

Robert ·

Marie, die foto is geneem by ‘n stop ‘n go. Jy kan die geel padversperring deur die bakkie se ruit sien asook die chevron blaaie langs die bakkie. Voor die bakkie staan die LDV wat die voorraad vir die pad herstel dra.

Alida ·

As ek reg verstaan het sy op TV en aan baie mense gese sy wou daar sit. Los dit nou asb.

Renè ·

My niggie is onlangs wreed vermoor omdat sy 2 “leerlinge” ‘n geleentheid na die bushalte wou gee. Pasop mense dis deesdae nie meer veilig nie. Kyk net hoe word hierdie arme boer se guns nou verdraai met die rasse kaart. Nou kry hy selfs doodsdreigemente. Hoe moordlustig en onbesonne kan mense raak. Fotograaf ek glo jou gewete gaan jou erg pla!

Juan Olivier ·

Lyk my al die anti-wit rassiste klim weer uit die kas uit om wit mense sleg te sê.

TrotsAfrikaans ·

As daar iets met hierdie mense gebeur rus dit op die ou wat die foto versprei het sonder enige feite se gewete. Skindernuus dis wat dit is

ada ·

Die persoon wat die foto geneem enversprei het het nou veroorsaak dat niemand in daardie geweste ooit weer n geleentheid gaan kry nie. Die joernalis wat die vrou op tv vannaand op nuus ondervra het het lelik op haar neus gekyk toe sy die waarheid gehoor het nadat sy dit nog meer in n rasse ding wou laat aard. Kan iemand laat weet wie dit was want ek sou graag met haar wou praat en vra of sy gedink het sy gaan beroemd word deur haar geselsie op tv. Die vrou wat die geleentheid gekry het se pa het ook bevestig dat die vrou aa gedring het om agter te sit omdat sy warm gekry het want hy was by.

joernalistiek ·

Wat is die joernalis se naam wat op die TV op nuus was? Sy het skade aangebring met haar manier van vrae aan die vrou. Sy sal aangekla moet word.

duvenhage ·

Sal iemand die naam van die joernalis wat op TV was bekend maak? Aangesien sy so belangrik wi wees moet sy op die koerante se voorblaaie verskyn vir die aanhits van rasse haat.

ansa ·

Die joernaliste en media is die grootste rassistse. Gaan so op CNN en ander Amerikaanse nuusblaaie ook. Hulle is almal uitstekend met die verspeiding van vals nuus.

petro ·

Waarom het die persoon wat die foto geneem het nie die vrou n geleentheid gegee indien hy dan nou so omgegee het dat hy dit op die media versprei het nie. Kan hierdie persoon se naam ook bekend gemaak word?Die libs sal dit seker nie doen nie want hulle het nie die rugraat daarvoor nie. Kruip seker nou weg.

Poppie ·

Die boer het van die begin af die situasie verkeerd hanteer. Hy moes haar nog steeds ‘n lift gegee het, maar hy moes haar agter die stuurwiel laat sit het en hy agter op die bakkie in die hok. Wonder wat sou EFF en ANC dan gedoen het. Haar minister van iets gemaak het?

Olga ·

so wat leer ons nou hier uit?
JY KAN MAAR LOOP! WANT SAAM MY RY JY NIE………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.