Man kry glo hartaanval, verdrink

Argieffoto: NSRI

Argieffoto: NSRI

ʼn 51-jarige man het Sondag verdrink in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap nadat hy glo ʼn hartaanval gekry het terwyl hy saam met vriende geswem het.

Volgens die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het omstanders die man uit die water gehaal by Albatros-strand en mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas. Hy is egter deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die NSRI het gesê die man is van Port Elizabeth. Die polisie het die man se liggaam van die toneel verwyder en sal sy naasbestaandes van sy dood in kennis stel. Die NSRI het sy meegevoel met die man se familie en vriende betuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.