Man kry hartaanval in akwarium-tenk

Die watertenk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad Foto: Geoff Spiby via NSRI

Die watertenk by die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad Foto: Geoff Spiby via NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) is Maandag na die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad ontbied nadat ʼn 63-jarige man van Johannesburg ʼn hartaanval in ʼn watertenk gehad het.

“Reddingswemmers van die NSRI Tafelbaai is deur ER24-paramedici ontbied,” het Craig Lambinon, woordvoerder van die NSRI, in ʼn verklaring gesê.

Die man was glo besig met ʼn avontuurduik in die watertenk toe hy in die moeilikheid beland het. Hy het vermoedelik ʼn hartaanval gehad.

ER24-paramedici het bevestig dat die man reeds deur ʼn duiker van die akwarium uit die water gehaal is voor hulle by die toneel opgedaag het. Hy is in ʼn ernstige toestand na die hospitaal gehaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.