Man kry lewenslank vir moord op plaasbestuurder

Luan Preston (Foto: Facebook)

Vincent Mziwenkosi Cele (33) is Maandag lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Pietermaritzburg opgelê vir die moord op ’n plaasbestuurder van KwaZulu-Natal vroeër vanjaar.

Luan Preston is in Junie vanjaar in sy kamer op ’n plaas tussen Port Shepstone en Oslo-strand verskeie kere met ’n voorwerp gesteek en verwurg. Die plaas is sedertdien geïdentifiseer as David’s Farm.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Cele is ook agt jaar tronkstraf opgelê vir huisbraak asook ʼn verdere 12 jaar tronkstraf vir roof.

Volgens Naicker het Cele ná die moord op Preston met selfone, ʼn televisiestel en juwele op die vlug geslaan. Hy is sowat ʼn maand later deur ʼn speurspan van Port Shepstone aangekeer.

Maroela Media het vroeër berig daar was ten tyde van die moord geen gedwonge toegang tot die kamer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Danie ·

Ja ne, one down vir Malema se aanhutsing.
Agter die skerms lag hulle.

Baardman ·

Hoekom kan al die moordenaars nie so gou en goed gestraf word nie.

JM ·

Presies wat ek wou weet. Ek is geskok oor hoe vinnig die saak afgehandel is. Well done aan die polisie.

Kobie Welgemoed ·

Kyk nou net weer. Ou misdadiger en hy maak weer dood. Die howe moet aanspreeklik gehou word wanneer skurke net weer en weer in die samelewing gelos word om nog te moor.

Gollie ·

Kan die ander oorteders ook nie so gou en goed gestraf word nie.

Engelsman. ·

Speurspan, miskien privaat. Baie bly hy is gevang en gevonnis.

Strandloper ·

Al wat sin maak. Glo wragtig nie sap is in staat om so gou op te tree nie!

hercu ·

die skurk lewe vir lewenslank, maar dit bring nie die jongman terug nie!!

Karlahari ·

Kan MM nie foto’s van die gevonniste kriminele plaas Nie?
Dalk is daar nog mense wat hulle erken en met ander voorvalle kan verbind?

Muffin ·

Dit is die kortste verhoor wat ek nog ooit van gehoor het. Koste aspek heelwat minder.

Jannie van Niekerk ·

Lewenslank en oor vier sekondes gee Ramaphosa vir hom Presidensiële vrystelling en skenk hom ‘n plaas met vyfduisend beeste op oor hy so vreeslik gely het.

Landi ·

Ai. Wat is fout met julle ??

Ontevrede met alles. As hy ‘n weghelpvonnis gekry het, het julle steeds gekla en kerm. Moet seker erg uitputtend wees om heeltyd en altyd so negatief te wees.

emily ·

Baardman Goeie vraag.
Kriminele se fotos moet geplaas word, sodat die wereld kan sien waste skuim loop hier rond.

Chris Ws ·

Die vonnise moet net gelyklopend uitgedien word nie .Indien die regter wel so ‘n bevel gegee het moet daar teen geappelleer word. Dit is snert!Hy moet 45 jaar sit SONDER parool.

Julie Jansen van Rensburg ·

Ja, en dit neem delsels lank om die werklike skurke tot verantwoording te bring, maar ‘n wetsgehoorsame polisieman wat ‘n transitorower vrek geskiet het – en sodoende die publiek teen so ‘n vuilgoed te beskerm – word tien jaar opgelê… feit is – reg en geregtigheid bestaan nie werklik meer onder hierdie kommunistiese regering nie…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.