Man kry lewenslank vir verkragting van 7-jarige niggie

jail_bars’n Man van Mpumalanga is lewenslange tronkstraf opgelê in die Nelspruit-streekhof vir die verkragting van sy sewejarige niggie.

Landdros André Geldenhuys het gedurende vonnisoplegging gesê die man (46) het die meisie verkrag nadat sy deur haar ouer suster in sy sorg gelaat is. “Die kind was sewe jaar oud ten tyde van die voorval. Jy was 40 jaar oud, amper vyf keer ouer as sy. Jy het haar verneder en haar toekoms vernietig,” het Geldenhuys gesê.

Die slagoffer se ouer suster het getuig dat sy haar suster by haar oom gaan los het omdat sy hom vertrou het. “Na die suster weg is, het jy drank gaan koop en nadat jy dit gedrink het, het jy die meisie na jou kamer gesleep en verkrag. Toe sy wou skreeu, het jy jou hand oor haar mond gesit en beloof om haar R10 te betaal. Na die tyd het jy haar R2 gegee. Jy het aan haar gesê jy sal haar doodmaak as sy enigiemand vertel,” het Geldenhuys gesê.

Die beskuldigde is in 2009 in hegtenis geneem nadat die meisie gesê het hy het haar in 2008 verkrag. Hy het onskuldig gepleit en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Geldenhuys sê die beskuldigde het selfs ontken dat hy die slagoffer ken. “Jy het nie berou nie.”

Die beskuldigde se naam sal in die nasionale register vir seksoortreders opgeneem word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Dis goed dat daar ‘n register bygehou word vir hierdie tipe misdaad.

Absoluut walglik om enige kind of vrou te verkrag – na regte verdien dit die doodstraf. ‘n Kind se hele lewe is verwoes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.