Man kry miljoene ná trein hom tref

Argieffoto.

Argieffoto.

Die hooggeregshof in Pretoria het beveel dat die Passasierspooragentskap (Prasa) meer as R3 miljoen in skadevergoeding aan ʼn passasier moet betaal, het The Star Dinsdag berig.

Tobias Maluleka was 17 jaar oud toe hy in April 2011 by die Akasia-treinstasie in die noorde van Pretoria van agter deur ʼn trein getref is.

Hy het kopbeserings opgedoen en een van sy arms is misvormd gelaat. Dokters het getuig dat hy weens sy misvorming, nie swaar voorwerpe kan optel nie. Dit beperk sy kanse om ʼn werk te kry.

Hy was ook nie in staat om matriek te voltooi nie, aangesien hy nie langer tuinwerk kon verrig nie. Hy het vroeër tuinwerk gedoen om self sy skoolfonds te betaal.

Hy kon ook nie ná die ongeluk met sy studies bybly nie. Maluleka wou ʼn soldaat word, maar dit is nie moontlik nie. Hy is tans werkloos.

Die hof het beveel dat Prasa R3.6 miljoen aan hom moet uitbetaal vir toekomstige verlies aan inkomste en bykomende mediese uitgawes. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Adrian ·

Weereens Prasa/Metrorail moet hulle sekuriteit verskerp. En hulle diens ook aansienlik verbeter. Want dis nou 3.6 miljoen wat kon gaan om diens te verbeter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.