Man kry swaar vonnis ná verkragtingstog

hof-hamer

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is vandeesweek swaar gevonnis nadat hy en ʼn medepligtige twee vroue, onderskeidelik 17 en 26 jaar oud, kort ná mekaar naby Orkney in Noordwes verkrag het.

Kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die man en sy medepligtige het in November 2012 by ʼn huis in die Kanana- informele nedersetting ingebreek waar hulle die eerste slagoffer beroof en verkrag het. Hulle het met haar selfoon, ʼn skootrekenaar en geld gevlug.

“Terwyl hulle gevlug het, het hulle op die tweede slagoffer, op pad na haar huis toe, afgekom. Hulle het haar na ’n bouval gesleep waar hulle haar ook verkrag het,” het Mokgwabone gesê.

Die mans is deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes is Maandag in die Klerksdorp-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die tweede verdagte se verhoor duur steeds voort.

Die polisiebestuur het die swaar vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Lance ·

Sien net NOG n voorbeeld van regter Mable se woorde ! 4 verkragtings in SA elke min …gewoonlik ook van iemand wat bekend is ….nou hoe bou mens n nasie met die tiepe waardes sisteem as basis

CC ·

Die misdade in 2012 reeds plaasgevind en nou eers gevonnis!!!
Belaglik verby!! Teen die tempo sal No.1 eers in 2070 en something……vervolg word.

Lida ·

CC nommer 1 sal nie in ons leeftyd gevonnis word nie. Hy het in elk geval ook nie meer 54 jaar oor om te leef nie. Dus sal ons met hom sit vir so lank as wat hy leef afhangend natuurlik van die komende verkiesiing.

GES ·

Regter Mable u was toe reg. Dit is verblydend om te sien dat die howe swaar strawe begin gee. Dit is net jammer die doodstraf is nie in plek nie want hierdie skuim gaan ‘n las vir die belastingbetalers word.

Liena ·

Pragtig, maak ‘n voorbeeld van hierdie verkragters, hul moet ALMAL, lewenslank sit!!

KarooKlong ·

Weereens my volgehoue ondersteuning aan Vroue Regter Mabel Jansen.

Theresa ·

Lewenslank in ‘n baie klein sel. Alleen. Slegs rys en water. Geen sosiale interaksie nie. Nie oefensessies nie. Niks nie. Net die sel en gedagtes.

Topster ·

Nee lewens lank is nie genoeg nie dis nog steeds ek en jy wat betaal vir hulle .solank hulle in die tronk sit.Hulle moet uit die samelewing verwyder word dan kan ons minder belasting betaal om die skuim te voed en te leer en meer vir ons ou landsburgers gee wat op n skamele pension moet lewe en dit gaan vir alle misdadegers bv kindermishandel,moordenaars,verkragters ens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.