Man kry tronkstraf ná hy meisie verwurg

Argieffoto

Argieffoto

Henry Muller (30), ʼn inwoner van die Noord-Kaap, is tot tronkstraf gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy 20-jarige meisie verwurg het.

Lt. Sergio Kock, provinsiale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Muller en sy meisie, Shamericka van Wyk, het saam in ʼn huis in Baileystraat in Williston gewoon.

Van Wyk se liggaam is op 1 Augustus 2013 omstreeks 22:40 in haar huis aangetref. Muller is op die toneel in hegtenis geneem en van moord aangekla.

“Die man het ʼn week daarna in die hof verskyn en is op R500 borgtog vrygelaat. Tydens hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat hy en sy meisie ʼn rusie gehad het en dat hy haar verwurg het,” het Kock gesê.

Muller is vandeesmaand in die Williston-streekhof skuldig bevind aan moord en tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Die provinsiale polisie het ao. Jan Beukes geloof vir sy puik speurwerk om vir die staat ʼn waterdigte saak te gee wat tot Muller se skuldigbevinding gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Molly ·

Goed gedoen ao Jan Beukes!!! Ons het meer van jou soort nodig.

CHRISTA ·

Stel Jan Beukes aan om hierdie korrupte ANC te ondersoek. Dan moet daar nog net ‘n regter opgespoor word wat bereid is om ‘n ordentlike vonnis op te lê!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.