Man kry tronkstraf ná suur-aanval

Argieffoto

ʼn 34-jarige man is vandeesweek in die Johannesburg-landdroshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy sy eksmeisie ontvoer het, haar met ’n mes gesteek en suur in haar gesig gegooi het.

David Khoza het in Julie 2015 sy eksmeisie, wat ook die ma van sy kind is, in Johannesburg ontvoer toe sy op pad was na haar werkplek toe. Hy het haar die volgende dag vrygelaat en die polisie ontduik totdat hy uiteindelik in November 2015 op aanklag van ontvoering in hegtenis geneem is.

Hy is in Januarie verlede jaar op borgtog vrygelaat. Hy is weereens na die vrou se huis in Diepkloof Sone 2, waar hy haar met ʼn mes aangeval het terwyl sy geslaap het.

“Sy het om hulp geroep. Haar nuwe kêrel het tot haar redding gekom, en kon hom afweer en beslag op die mes lê. Khoza kon egter daarin slaag om te ontsnap en weg te hardloop,” het kapt. Xoli Bele, polisiewoordvoerder, Donderdag gesê.

“Toe hy op 18 Januarie in die hof verskyn het op die aanklag van ontvoering, is hy weer in hegtenis geneem op aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.”

Khoza is daarna weer op borgtog vrygelaat, waarna hy in ʼn stadium suur in die vrou se gesig gegooi het.

Hy is op 22 Junie 2016 nogmaals in hegtenis geneem, waarna hy nie weer borgtog toegestaan is nie. Hy is vanjaar skuldig bevind op al die aanklagte teen hom en vandeesweek tot 13 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

13 Jaar vir al die sake teen hom ?? Hy kan bly wees hy het haar nie in ‘n doodskis probeer stop nie. Dan sou hy 14 jaar kry.

Cherokee ·

Na 13 jaar sal die littekens waarskynlik steeds wees. Hy behoort te sit solank as wat sy littekens dra.

Dawie ·

Hy rand haar eers aan en daarna steek hy haar met n mes. En die staat gee vir hom borgtog. Vergelyk dit nou met die doodskis saak. Haar familie moet die staat vir miljoene dagvaar omdat hy borgtog gekry het nadat hy haar probeer vermoor het.

Nico K ·

Dis glad nie ‘n swaar vonnis nie. Hy kan na 4 jaar uitkom. Maar daardie borgtog storie is die ergste wat ek nog gehoor het. Ek sal ‘n eis teen die Department van Justisie insit as ek die meisie was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.