Man kry tronkstraf vir verkragting van seun

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 39-jarige man van die Oos-Kaap is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 12-jarige seun.

Luxolo Tyali, streekswoordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê die man het die seun in Julie 2012 na sy huis in die Nxamagele-nedersetting in Ngcobo genooi. “Hy het die huis se deure gesluit toe die seun daar aankom en hom verkrag,” het Tyali gesê.

Die seun kon later daarin slaag om deur ʼn venster te ontsnap, waarna hy die voorval by ʼn familielid aangemeld het. Die man is kort daarna in hegtenis geneem.

“Die man het homself aanvanklik in die hof verdedig. DNS-bewyse het hom egter aan die misdaad verbind en nadat die seun, wat nou 15 jaar oud is, getuig het, het hy om regshulp aansoek gedoen,” het Tyali gesê. “Die verkragter het na samesprekings met sy regshulpraadprokureur ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is skuldig bevind.”

Die man is Woensdag in die Engcobo-streekshof gevonnis tot 18 jaar tronkstraf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene ·

In 2012 en ons trek al in 2016 4 jaar gelede waar is kinderbeskerming dan

Popeye ·

Die artikel noem hom ‘n “man” Maroela; julle is baie….mmmm, hoe sal ek dit stel, sagkuns in julle berig.

Jean ·

Hoekom word DIE MAN se naam nie genoem nie? Tog te vreemd dat sekere etniese groepe se name nog bekend is VOORDAT hulle skuldig bevind is, selfs as hulle nog net VERDINK word van iets en hierdie MAN wat homself aan verkragting skuldig gemaak het net ‘n MAN is … name en shame die krimineel. Hy is ‘n VERKRAGTER, ‘n krimineel en almal moet weet wie hy is.

Scalla ·

By verkragtinsake moet verpligte kastrasie deel vorm van die straf. Probleem vorentoe opgelos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.