Man laat honde los op polisie

Van die mandrax-tablette waarop die polisie beslag gelê het in Port Elizabeth op 8 April 2015 Foto: Verskaf deur die SAPD

Van die mandrax-tablette waarop die polisie beslag gelê het in Port Elizabeth op 8 April 2015 Foto: Verskaf deur die SAPD

ʼn 23-jarige man van Port Elizabeth het sy honde op polisiebeamptes losgelaat toe hulle hom glo met dwelmmiddels betrap het.

“Die Valke het ʼn wenk ontvang oor ʼn dwelmbesending wat vroeg Woensdagoggend by ʼn perseel in Bethelsdorp afgelaai sou word,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, in ʼn verklaring gesê.

Toe die polisie by die huis opdaag, het hulle ʼn jong man agter in die erf opgemerk wat met ʼn boks weghardloop. “Die verdagte het die boks langs twee honde laat val en hy het hulle losgemaak voordat hy oor die 3 meter hoë muur gespring het.”

Die honde het op die polisiebeamptes afgestorm en die beamptes het uit selfverdediging al twee honde doodgeskiet.

“Die polisie het beslag gelê op 14 000 mandrax-tablette ter waarde van ongeveer R560 000,” het Mulaudzi bygevoeg. “Die man is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Die Dierebeskermingsvereniging is oor die voorval ingelig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George van Centurion ·

Mense wat met dwelms handel verdien die doodstraf. Hulle is gewetenlose boewe wat geen respek vir lewe het nie. Ek gee nie vlenter om wat hulle motiewe is nie. Dit is baie sterk woorde maar dit is hoe dit is.

Drieks ·

Ek stem saam. Hul vermorsel almal se lewens saam met die verslaafde.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.