Man laat kinders dagga rook voor hy hulle verkrag

Die beskuldigde in die hof. Foto: SAPD

Die beskuldigde in die hof. Foto: SAPD

ʼn Man wat vier tienjarige kinders gedwing het om dagga te rook voordat hy hulle verkrag het, is Woensdag in die Hopetown-landdroshof gevonnis.

Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het gesê die verkragting het in Mei 2013 in Strydenburg in die Noord-Kaap plaasgevind. Die 57-jarige man, wat die oom van een van die kinders is, se naam mag nie bekendgemaak word nie om die identiteit van die kinders te beskerm.

Kock het gesê die man het omstreeks 17:00 die middag van die voorval ’n seun en drie meisies genader waar hulle buite ’n huis gespeel het. Hy het hulle gevra om saam met hom na ’n huis te gaan waar hy dagga gekoop het. Hy het die kinders daarna na ’n afgeleë gebied in die veld geneem waar hy hulle gedwing het om die dagga te rook voordat hy hulle om die beurt verkrag het. Die kinders kon daarin slaag om die volgende oggend te ontsnap en die saak is nog dieselfde dag by die polisie aangemeld.

“Die man is tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis op die vier aanklagte van verkragting en tot drie jaar tronkstraf vir elk van die drie aanklagte van ontvoering,” het Kock gesê. “Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.”

Lt.kol. Ben Phete, die Hopetown-polisiebevelvoerder, het die ondersoekspan geloof vir hul deeglike ondersoek wat tot die skuldigbevinding van die oortreder gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

As die konstitusionele “Reg tot Lewe” gebalanseer was met die “Reg om NIE te lewe NIE”, en Suid Afrikaners kon hulle keuse in hierdie verband duidelik maak deur hulle aksies teenoor die gemeenskap, soos bv. 1. Kinderverkragting, 2. Dwelm-vervaardiging en of verspreiding, 3. Gewapende aksie, en 4. Moord….dan het hierdie kandidaat nou gekwalifeer vir NOG ‘n paar demokratiese keuses, naamlik Galg, Inspuiting, Vuurpeleton, Elektriese stoel, gaskamer…en sou ons sy keuses gerespekteer het en hom behulpsaam gewees het om sy keuses in die lewe tot uitvoer te bring. Dan het niemand jou tot “dood veroordeel nie”, niemand het jou “tereggestel” nie………..JY het, deur jou dade vir die gemeenskap gewys dat JY die keuse maak om jou reg uit te oefen om “NIE te lewe NIE”…..en ons ondersteun jou keuses.

EMK ·

Johan Marx – seg jy nou nogals ‘n ding op ‘n anderster manier wat sin maak.

Maryna ·

Sleg ding het seker gedink hulle gaan na die dagga rook, nie onthou wat gebeur het nie!

Tammy ·

Johann ek stem 100% saam met jou, en ondersteun die gevoel. Hierdie skurk het n keuse gemaak om lewens te verwoes. Hy verdien ooreenkomsitg.

Johann ·

Tammy, baie mense stem met my saam…..maar NIEMAND verroer ‘n vinger om die “konsitusionele geldigheid” van dit wat ek sê te toets, en te kyk of dit nie implementeer kan word nie. Waar is ons land se konstitusionele kenners en politici? As dit wat ek beskryf haalbaar is, en toegepas kan word, sal ons sogenaamde “verligte” konstitusie NET NOG beter word, en sal ander derde wêreld lande met dieselfde probleme as ons s’n, dit ook kan gebruik!!

EMK ·

Johann, ‘skuus eerstens dat ek jou naam met een “s” gespel het. Die ding is waar kan ons leke vra dat jou voorsel oorweeg word? Dalk moet jy ouens soos VF+ of so nader? Sou wens dit kan in wet ingeskryf word.

jo ·

Johan. Die reg om NIE te lewe nie. Dink nie daai bestaan in ons wet boeke nie? Sou nogals kon werk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.