Man langs motor op snelweg doodgery

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

Argieffoto: memyselfaneye (Pixabay)

ʼn 35-jarige man is Maandagoggend op ʼn snelweg aan die Oos-Rand langs sy stilstaande motor doodgery.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die N17-snelweg naby Springs plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel af, het die man langs sy stilstaande motor in die noodbaan gestaan,” het Mathe gesê. “Dit is nog nie duidelik hoekom die man buite sy motor gestaan het nie.”

ʼn Motor, waarin twee vroue gery het, het die man getref.

“Met paramedici se aankoms is die man se liggaam ʼn paar meter ver van sy motor af aangetref. Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die vroue in die voertuig het geringe beserings opgedoen, maar het nie behandeling in ’n hospitaal nodig gehad nie.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Padreels moet terug ·

Spoedvrate kos lewens! Mag geregtigheid geskied.

Johan Marais ·

Is 100km per uur dan onwettig op snelweg. Maak seker van jou feite voor jy jou mening lug.

Buitestander ·

Ek weet nie waarombestuurders in die nood laan ry nie, tesy hulle ‘n ander voertuig die geleentheid wil bied om verby te steek. Dan MOET jy seker maak daar is nie stilstaande voertuie daar nie.
Die geelstreep is dan juis daar om onklaar voertuie te huisves!!!!!!

Jan maak n Plan ·

Nee Buitestander, die geel streep is die vinnige baan vir die taxis. Raan ry daarin en sien hoe skryf die metro cops jou. Met die taxis gebeur niks.

Ivan ·

Jy mag glad nie in die nood baan ry nie. Punt. Daardie baan is vir NOOD voertuie.
As die bane almal besig is word daardie baan(veronderstel) gebruik vir nood voertuie om vining by hul bestemmings uit te kom. Nood baan is nie om op te skuif vir ander verkeer nie.
Inteendeel dit is onwettig om oor die geel streep te ry, en is beboet baar met R500 per wiel.
As jou motor onklaar raak mag jy van daardie baan gebruik maak en prober dan sover moontlik links af te trek.

sanette ·

Nee Buitestander, die noodlaan is NIE daar vir jou om ‘n ander voertuig die geleentheid te gee om verby te gaan nie. As daar nie ekstra bane is en hy regs kan verby gaan nie moet hy maar agter jou ry. Mens is nie versonderstel om in die noodlaan te ry om spoedvrate of ongeduldige mense agter jou plek te gee om verby te gaan nie…

Kiepie ·

Waar in die berig word genoem dat die vrouens in die noodbaan gery het of dat hulle te vinnig en onverskillig gery het? O ja, jammer, ek het vergeet MM lesers is mos alomteenwoordig en alsiende.

Kloosterkoek ·

Mielie, wanneer jy n openbare pad gebruik is dit jou verantwoordelikheid om voor jou uit te kyk en stadiger te ry as jy nie kan sien nie. Hulle het in die man vasgery en hy het stilgestaan, nie voor hulle ingehardloop nie.

Gironki ·

Kiepie, hoe verklaar jy dit dan dat die oorledene in die noodbaan deur die vrouens raakgery is? Was hulle dan nie veronderstel om regs van die stilstaande voertuig (in die pad) verby te ry nie?

Johan Marai ·

Maak seker van julle feite. Die swartman se bakkie het langs pad gestop in geel baan. Sy agterwiel was in pad buite geel streep. Die man moes toe net uitgeklim het, want bestuurders deur was oop. Dit was baie mistig en die dame het in motorbaan gery na aan geelstreep. Bakkie is regs agter getref.

Lou ·

Ek ry daagliks snelweg oppad werk toe. Daar is gereeld onklaar voertuie links van die geelstreep. Dis goed en wel, maar wat nogal opmerklik is dat heelwat van hulle dit onveilig doen. Hulle trek nie ver geneog links af nie, sit nie ‘n gevaardriehoek uit nie, sit nie hulle waarskuwingsligte aan nie, dra nie ‘n glimbaadjie nie, regterdeure staan oop, ens. Dit is die persoon wie se voertuig onklaar geraak het, se eie volle verantwoordelikheid om homself, sy passasiers en mede padgebruikers se veiligheid te verseker.

Enden ·

Maar nou is ons weer terug by die begin. Die noodbaan is die noodbaan en dikwels is daar nie reserve in die veld nie soos dit op snelwee in gauteng dikwels die geval is. As daar net n noodbaan is sonder veld verder, en die kar wil nie ry nie, Dan moet jy maar Bly staan in die noodbaan.

Tiger ·

Wat ook al die oorsaak van die man se dood ,DIT WAS ONNODIG!Die dames sal lig daarvan afkom dis verseker.Slegs ‘n klein boetetjie en als is oor en verby.
Wat dudidelik is is dat ALMAL op ons paaie te MAK geraak het en nie besef dat ‘n voertuig ‘n stuk metaal is wat mensvleis maklik vermorsel nie.

Elize C ·

Ek stem saam Lou, ek sien dit ook gereeld, veral ook op die R101 noord van Pretoria, wat alreeds plek-plek nie ‘n baie breë pad is nie. In spits verkeer, en veral as daar mini-busse, trokke of groter voertuie voor jou ry, sien jy nie ‘n stilstaande voertuig in die geel baan voor jy op hom is nie. Ek moes ook al skerp uitswaai vir mense wat aan die regterkant langs die voertuig staan, of op die grond sit en ‘n band vervang, of regterkantste deure wat net eenvoudig skielik oopgemaak word omdat iemand wil uitklim. Ek glo dit is wat in hierdie situasie van die berig ook waarskynlik gebeur het. Die voertuig was nie ver genoeg links uit die pad getrek nie, hetsy deur onoplettendheid of omdat die voertuig dalk onklaar geraak het en net tot op daardie punt beweeg het, en die persoon het onnadenkend uit sy voertuig geklim, of dalk daar gestaan om ‘n band te kan vervang, en die dames het hom nie vroeg genoeg raakgesien nie. Niemand staan aspris in die aankomende verkeer se pad nie, en niemand ry aspris iemand langs die pad raak nie. Baie tragies, baie sterkte aan die oorledene se familie, asook aan die dames wie nou deur erge trauma moet gaan, veral die drywer wie die res van haar lewe gaan weet sy het iemand se dood veroorsaak, al was dit nie opsetlik nie.

Goeie argumente ·

Nee man Karma, moet nie mense aanval oop spelling nie, kom jy self eerder met n goeie argument vorendag.

Johan Marais ·

Die ongeluk het in mis gebeur. Die man wat dood is, het met sy bakkie langs die snelweg gestaan met agterwiel in die rybaan. Hy het uitgeklim want bestuurdersdeur was oop na ongeluk. Die vrou hett bakkie regs agter getref en bestuurder wat in pad gestaan het. Haar voertuig het begin tol en op sy te lande gekom. Hul redding eas veiligheidsgordels en lugsakke. Maak eers seker van julle feite voor jul menings lug. Johan Marais

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.