Man langs snelweg geskiet

Foto: Marshall Security

ʼn 58-jarige man is Maandagaand langs die N2 in Durban geskiet nadat sy voertuig onklaar geraak het.

Kyle van Reenen, bemarkingsbestuurder van Marshall Security, het in ʼn verklaring gesê die voorval het in Clare Hills gebeur. Volgens Van Reenen is veiligheidsbeamptes omstreeks 20:30 na die toneel op die N2 Suid, net ná die Umgeniweg-wisselaar, ontbied.

“Volgens inligting wat op die toneel aan die veiligheidsbeamptes gegee is, het die man langs die pad stilgehou nadat sy voertuig meganiese probleme ondervind het. ʼn Onbekende aantal verdagtes het hom genader en geëis dat hy sy waardevolle besittings aan hulle oorhandig voordat hulle ʼn vuurwapen uitgeruk en die man geskiet het. Hy is in sy linkerskouer gewond en die verdagtes het te voet gevlug,” het Van Reenen gesê.

Hy het gesê die man is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Don ·

Mafia het nog respek vir die onskuldiges, vrouens en kinders, hierdie land is n satansland.

cor ·

Die hoeveelste geval in daardie omgewing die laaste twee of drie weke en elke keer lui die berig “Die polisie ondersoek die voorval” Dit wil voorkom asof dit die selfde groep mans is wat motoriste teiken, dit bly net by ondersoek maar daar word niks drasties gedoen nie. Dit wil voorkom asof die polisie nie die wil het om iets aan die situasie te doen nie.

zoppe ·

want die sotte is bang vir die booswigte. kyk how lyk ons polisiemag vandag. vet, onfiks. geen wonder meer en meer polusiestasie word beroof. I ….. ask you. en polisie beamptes word aangeval en beroof. nee anc. kry die magweervol wit booitjies wat nie bang is nie. met soepel fikse lyfies. wat kan hardloop, spring en n punch kan gooi wanner nodig.

Lynette ·

Ek dink ons is die enigste land ter wêreld waar MEGANIESE probleme LEWENSGEVAARLIK is….

Lynette ·

Ek dink ons is die enigste land ter wêreld waar MEGANIESE probeme lewensgevaar so te sê WAARBORG en waar dir beroep van n BOER die gevaarlikste beroep ter wêreld is.

Amy ·

Nou wonder ek: Kan mens vandag langs die snelweg stop en iemand help?

Stef ·

Nope, mens kan nie, ek stop nerens vir sulke goed nie. Ek gaan nie my lewe in gevaar stel om n band te help verander nie. Sad but true.

Lance ·

Daar sal êrenstig moet kyk na die polisie wat 6000 vuurwapens verloor het tydens 2009-2014,dan praat ons nie van die vloot en weermag nie.My voorstel is ketties,moontlik sal plaasmoorde en en afneem.

Tanya ·

Dis hoe dit gedoen word in SA. Deur die dag slaap die skelms sodat hulle vanaand wanneer onskuldige mense huis toe gaan, kan vat wat hulle wil he. Sal nooi ‘n einde aan kom nie want die grootste skelms sit aan die stuur van ons land.

Pine ·

In die ou bestel is lokvinke gebruik om diamant magnate se ‘eiendom’ te beskerm. Met herhaaldelike aanvalle in een gebied sal dit uitstekend kan werk!

Drikus ·

Ja Stef, en as jy langs die pad gaan staan? Dalk maak die hulp vir jou die verskil tussen lewe en dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.