Man langs viswaters vermoor

Coert Jordaan. Foto: Facebook

Coert Jordaan. Foto: Facebook

Supt. Coert Jordaan (40), ʼn inwoner van Brakpan en beampte van die Ekurhuleni-metropolisie se berede eenheid, is Woensdag langs die viswaters vermoor en beroof.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, Gautengse polisiewoordvoerder, het Donderdag aan Maroela Media gesê Jordaan was met verlof en het by Ashton Lake in Springs visgevang toe hy deur ʼn onbekende aantal verdagtes oorval is.

Coert Jordaan. Foto: Facebook

Coert Jordaan. Foto: Facebook

“ʼn Werker by die dam het omstreeks 14:30 op sy liggaam afgekom wat tussen die gras gelê het. Hy het ʼn wond aan sy bors gehad en daar word vermoed dat hy tydens ʼn worsteling met ʼn skerp voorwerp gesteek is,” het Dlamini gesê.

Jordaan se voertuig, ʼn silwer Nissan Nevada, en sy selfoon is gesteel. Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en gewapende roof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Dlamini het gesê die Springs-polisie het ʼn volskaalse soektog na die verdagtes van stapel gestuur.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand met inligting oor die voorval om Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kathleen ·

Tweede moord op iemand Wat net gaan ontspan. Oom Pikkie van Polokwane is net so wreed vermoor terwyl hy visgevang het. Waar gaan dit eindig. Mens Kan nie eers meer gaan ontspan nie. Oom Pikkie is vandag te ruste gele. Sy familie is baie hartseer ek wonder of daai mense besef wat hul doen. Maar hul het nie n gewete nie.

Berhalet Beukes ·

So… Behalwe dat ons deur ons regering tot en kaal besteel word… En ons huise soos tronke lyk in ‘n poging om dit te beveilig… Kan ons nie met visvang, op staproetes gaan, fietsry, draf… Niks nie! Die kriminele elemente het doodeenvoudig die oorhand! Ek voel so jammer vir hierdie man se familie! So jammer dat hy só moes sterf!

Petro ·

Eers Polokwane, nou Brakpan. My raaiskoot – dit is dieselfde groep moordenaars! Hulle teiken nou viswaters want daar is mense sagte teikens omdat hulle net wil ontspan.

Charles ·

Die was ‘n groot skok vir sy kollegas (ek het hom in 1999 ontmoet toe ek by Benoni Verkeer aangesluit het), sy vriende en sy familie. Medelye stroom in op sy FB profiel. Hy het ‘n pragtige klein dogtertjie, wat nou sonder haar pappie moet grootword. Hy het ‘n groot impak gemaak op almal wat hom geken het, en altyd sy werk met oorgawe gedoen. Rus sag Coert

Vic ·

Wanneer gaan mense aanvaar dat mens nie meer sulke dinge alleen of in klein groepe kan doen nie – is dit nie tyd om te leer nie? Is dit n onwilligheid om die waarheid te aanvaar, of onkunde? Is dit nie tyd dat ons net in groepe, met minstens een gewapende wag, begin uitgaan nie? En ek kritiseer nie die individu nie, ek is vir hom en sy familie bitter jammer

Ida Jordaan ·

Coert, ek was so geskok toe Julian vanoggend die epos uitstuur om te sê jy is vermoor. As ek na jou dogtertjie se gesiggie kyk wil my hart breek. Ek wou nog kom perdry het. Nou te laat. Rus sag en ek hoop ONS Stormers maak jou trots in die Hemel.

Gesiggie ·

My hart bloei vir daai klein dogtertjie wat sonder haar Pappa moet groot word.. / Hoe kan n mens in vandag se Lewe veilig voel… ooral waar jy gaan, moet jy nou maar eers seker maak… sou n aanval gebeur jy veilig sal wees? dit nie moontlik.. Oral word mense aangeval… Daar is nie meer so iets soos Ontspan… jy moet 24 uur n dag rondkyk, wakker wees… en seker maak jy is veilig… Dit is snert”’ Wat het van die ou dae geword, waar ons nog met oop vensters kon slaap… nou moet n mens als dubbel sluit… dit voel of mens in n tronk lewe… Gaan al die Moorde ooit minder word… Elke dag is daar n nuus berig… MOORD…MOORD.. Baie sterkte aan Coert se Familie en gesin.

Leonie ·

RIV Coert. So onnodig. Hoop hulle word gou gevang!! My man is ook een van jou EMPD Kolegas en mens kan sien hoe vat dit aan hulle. Sterkte vir sy vrou en dogtertjie. Dink aan julle in die moeilike tyd.

Liewe heksie ·

My hart is stukken my hart bloei ONS VIR JOU SUID AFRIKA RIP ou grote

snuffels ·

My ou maat, jy was n fantastiese mens, pa en man…ons gaan jou mis! Sterkte vir jou vrou en kind, ons bid vir julle!

Oom Boer ·

Dit is werklik tragies en hartverskeurend dat hierdie liefdevolle gesins man wat net uitgereik het na ‘n bietjie ontspanning met sy lewe moes boet. Weereens word ‘n vrou (Ma) en dogtertjie wees gelaat deur elemente wat nie ‘n duit omgee vir ‘n lewe nie. Die moord statistiek vergroot geweldig vining en wonder waar en wanneer gaan hier besef word dat Suid_Afrika nie te veilig is nie gegewe al die ongewenste gebeure. Ons innige simpatie, meegevoel en gebede gaan uit aan Coert se familie, vriende en naasbestaandes en mag jul deur God se genade deur hierdie donker en rou tydperk gedra word. “Sterkte”

Net ek ·

Dankie oom Boer hy was een van die mooiste mense wat ek geken het, ons hart is gebroke.

Adel Koch ·

Dis skokwekkend maar tog het ons as mens die kruisie gemaak by die party wat hierdie dinge in ons land toelaat. Maak seker met volgende verkiesing die jaar dat jy vir die regte persoon kies wat vir die regte party is. Maak seker jy weet wat elke party se beleid is voor jy die kruisie trek. Daar is nie net ANC of DA partye nie. Vergelyk ACDP se beleid met die twee en stem vir n beter toekoms vir ons land en mensdom. Sterkte aan familie en vriende deur die moeilike tyd, ek is ook deur so hartseer tyd maar met God se onbeskryflike liefde en genade het Hy my vrede gegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.