Man lank tronk toe vir ‘orale verkragting’

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan orale verkragting van ‘n ander man.

Motlalepule Johannes Lekhelebane (22) is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Lekhelebane het in Maart sy slagoffer, wat op pad was huis toe van ʼn kroeg, voorgekeer. “Hy het hom na sy huis gedwing en daar oraal verkrag,” het sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, gesê.

Volgens Mophiring het die slagoffer die voorval by die polisie aangemeld en is Lekhelebane dieselfde dag in hegtenis geneem. Lt.genl. Thabethe Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het gesê “misdaad ken geen grense nie en wetsoortreders moet gestraf word”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dee ·

Wanneer misdaad geen grense ken nie, behoort straf ook nie grense te ken nie.

Sarel Strydom ·

Tien jaar vir Orale verkragting maar man wat stiefdogter oor 14 jaar tydperk verkrag het kry 7 jaar a.g.v. versagtende omstandighede. Waar is die reg?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.