Man in hof ná jagtog op wildsplaas

Argieffoto

Die 40-jarige man wat in Limpopo in hegtenis geneem is nadat die karkasse van tien bokke en ʼn volstruis in sy besit gevind is, gaan minstens nog ʼn week agter tralies bly terwyl die polisie die saak verder ondersoek.

Kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagte, Albert Makakeni Malatji, het Vrydag vlugtig in die Nkowankowa-landdroshof verskyn op aanklag van onwettige jag.

“Hy is nog nie borgtog toegestaan nie. Die saak is tot 2 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek,” het Ngoepe gesê.

Maroela Media het vroeër berig Malatji is Donderdag in die vroeë oggendure op ʼn wildsplaas langs die R71 in die Letsitele-omgewing, oos van Tzaneen, in hegtenis geneem.

“Veiligheidswagte op die plaas het op inligting gereageer dat daar moontlik stropers op die plaas is. Hulle het gaan ondersoek instel en ʼn verdagte blou Mazda-bakkie opgemerk,” het Ngoepe gesê.

“Die wagte het die bakkie genader. Ses verdagtes het van die bakkie gespring, die bestuurder agtergelaat en te voet die veld in gevlug. Die bestuurder het probeer wegjaag, maar is agternagesit en is vasgetrek.”

Die wagte het intussen die polisie ontbied. Toe die polisie by die toneel opdaag het hulle die karkasse van een koedoe, een volstruis, ses rooibokke en drie njalas op die bakkie gekry en daarop beslag gelê.

Die soektog na die ses ander verdagtes duur voort.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Koos de Meyer. ·

Hy gaan maar net sê hy was honger en sy familie het nie kos nie. Dis mos die nuutste.

Cherokee ·

Nuutste? Jy’t lanklaas koerant gelees. Dit is stokoud.

KP ·

Met wat is diere gedood indien met vuurwapen het hy lisensie?????????

Elna ·

Net sekere mense word verplig om wettige vuurwapenlisensies te hê, jy weet mos…

WitBlits ·

Dink nou wraggies dat wildstropers wettige vuurwapenlisensies het en hoekom sal SES onskuldige trawante wrghardloop? Leef jy in Lalaland of die nuwe Suid Afrika???

johann ·

Hy sal sy voertuig verloor daar moet beslag op gele word asook wapen en moet onbevoeg verklaar word,maar met kennis wat ek het as wildbewaring betrokke was met ondersoek goeie werk aan hulle kant .sal die saak goed afloop
sal net ander ses moet opspoor

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.