Man later in hof oor gruvonds by Kaapse woonstelgebou

Lynette Volschenk (Foto: Facebook)

ʼn Man is in hegtenis geneem ná die liggaamsdele van ʼn vrou, toegedraai in sakke, by die Seesig-woonstelgebou in Welgemoed in Bellville ontdek is.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie is Donderdag omstreeks 11:00 na die woonstelblok ontbied.

“Die polisie het gereageer op ʼn klagte by die adres en het by nadere ondersoek afgekom op die swart sakke met liggaamsdele van die oorledene wat in stukke gekap was,” het Rwexana gesê.

“ʼn Vier-en-twintigjarige man is in hegtenis geneem en sodra hy aangekla is, sal hy in die Bellville-landdroshof verskyn.”

Die man is glo ʼn inwoner van dieselfde woonstelgebou.

Tientalle boodskappe van medelye is ná die ontdekking op Lynette Volschenk, wat as die slagoffer geïdentifiseer is, se Facebook-blad geplaas.

Talle mense het ook hulle skok oor die voorval uitgespreek.

Die motief vir die moord is in dié stadium nog onduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Erika ·

Hoe wreed is dit nie! Geen mens verdien om vermoor te word en nog so wreed daarby nie!
Sterkte aan haar familie en geliefdes….

Hoekom ·

Hoekom doen mense dit ? Hoe siek moet jou brein wees. So n mooi meisie vermoor. HOEKOM ?

Lynette ·

Klink vir my of die moorenaar haar ge-‘stalk’ het….sy wou tien teen een niks met hom te doen gehad het nie en hy wou nie die verwerping aanvaar nie.

Johanna ·

Hoe ontstellend! Dis siek! So jammer dat die pragtige vrou op so ‘n manier moet sterf. RIP

$ ·

Wat ‘n pragtige, goedversorgde vrou.
Mag geregtigheid oor hierdie wreedheid teenoor haar en haar geliefdes, geskied.

Francois le Cochon ·

Verskriklik. In Mei is ‘n 65 jarige man in dieselfde woonstelle vermoor gevind. Mskien dieselfde moordenaar.

Kokkie ·

Iemand wat tot sodanige guweldade in staat is, is boos en verdien nie om te lewe nie. Daarom is ek ‘n voorstaander van die doodstraf vir moordenaars, verkragters en kindermolesteerders. My innige en opregte simpatie aan die jong dame se naasbestaandes. Mag die Here julle toevou in hierdie verskriklike tyd. Mag hy julle tree vir tree dra.

rina ·

Daar is groot fout met daardie persoon….. sluit toe vir ewig ….sterkte

kolla ·

Nommerpas, Dexter. Ek is nou net klaar met die vierde reeks. Uitstekende tv reeks.

treurgrond ·

Jis ek kook van woede hier binne my- Lynette hoe kon ‘n mens dit aan jou doen – stem met almal saam dit is ‘n siek mens man. Goeie genugtig. Wanneer kom die doodstraf terug wanneer wanneer – daar word net vermoor. vermoor. Hoe verwerk Lynette se familie dit hoe hoe? God hou asseblief U hand oor almal wat haar geken het.

Louise ·

My dogter is twee weke gelede aan n hartaanval oorlede. My hart was stukkend maar nadat ek die berig gelees het, het ek n dankbare hart. Dankbaar dat my kind so verskriklike lot gespaar is. My innigste simpatie aan haar naasbestaandes.

Christa ·

Dis waarvoor die ANC vlag staan. Moord, moord en nogmaals moord.

Vryheid ·

MM, . Sover ek weet is dit Loevenstein nie Welgemoed nie. As die media so vaag is oor die basiese feite …. wat van wat werklik saak maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.