Man lê glo dae lank honger, beseer in staatshospitaal

WAARSKUWING: Hierdie berig bevat inhoud wat sommige lesers kan ontstel.

Devon Knoetze is erg beseer toe hy saam met sy ma en susterskind in ’n motorongeluk was. (Foto: Verskaf)

’n 26-jarige man van Bronkhorstspruit sal moontlik binnekort in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria geopereer word nadat hy glo drie dae lank sonder behandeling en honger in die Mamelodi-hospitaal gelê het.

Devon Knoetze was Donderdag saam met sy ma, Theresa Knoetze (61), en susterskind, Jandré (5), in ’n motorongeluk. Knoetze het ernstige beserings aan albei sy bene opgedoen en moet onder meer ʼn knievervanging kry.

Volgens Sulet Venter, Knoetze se suster, het hy sedert sy opname Donderdag in die Mamelodi-hospitaal uiters swak behandeling ontvang.

“Sy linkerbeen is soos ’n bees s’n toegewerk. Lelike, los steke waar dele van die wond nog uitsteek. Jy kan ook sien dat sy regterknie gebreek is. Die been steek uit, maar niks is daaraan gedoen nie,” sê Venter.

Sy linkerbeen is rofweg toegewerk. (Foto: Verskaf)

“Sy verbande is in die drie dae dat hy daar gelê het, nooit geruil nie. Verder het hy homself natgemaak omdat die kateter wat vir hom ingesit is, nooit leeg- of skoongemaak is nie.”

Knoetze het glo eers Saterdag vir die eerste keer pynpille en kos gekry.

“As ons nie vir hom kos gevat het nie, sou hy honger gely het. Die pasiënte wat met hom ’n saal gedeel het, kry net so swaar.”

Sy sê ook dat hulle enkele pasiënte gesien het wat niks behalwe droë brood gehad het om te eet nie.

Volgens Venter het sy Saterdag ’n bohaai by dié hospitaal opgeskop en aangedring om haar broer huis toe te neem sodat sy self na hom kan omsien. ’n Dokter het hom gevolglik op eie risiko ontslaan.

Hulle ma, Theresa, is ná die ongeluk ook in die hospitaal opgeneem en sterk tans steeds daar aan. Dit blyk egter dat haar omstandighede ietwat beter is as dié van haar seun, hoewel die familie nog wag op terugvoer oor watter behandeling vir Theresa voorlê.

“My ma het inwendige beserings opgedoen. Haar long het platgeval en haar niere gee probleme. Ons wag nog om te hoor of sy geopereer moet word.”

Jandré het tydens die ongeluk ’n sweepslagbesering opgedoen en is nie in die hospitaal opgeneem nie.

Carenesta de Jager, ’n oudraadslid van Bronkhorstspruit, het Venter gehelp om haar broer Maandag voorlopig by die Steve Biko-hospitaal te laat opneem nadat sy van die situasie gehoor het.

“Ons weet dat hy Maandag onder meer breinskanderings ondergaan het en dat hy geopereer moet word. Dit is egter onduidelik of hy al amptelik in die Steve Biko-hospitaal opgeneem is en of hy die operasie hier sal ontvang.

Sy regterknie is gebreek en nooit behandel nie. Die been het uitgesteek. (Foto: Verskaf)

“Ons vrees dat hulle hom sal terugstuur Mamelodi-hospitaal toe. Indien dit gebeur, sal hy moontlik sy bene verloor.”

De Jager sê dat sy in samewerking met Philip van Staden, ʼn VF Plus-LP, die situasie dophou en dat hulle alles moontlik sal doen om Knoetze te ondersteun.

Venter sê sy het haar familielede ná die ongeluk eers na die Bronkhorstspruit-hospitaal geneem, maar dat hulle van daar af na die Mamelodi-hospitaal verwys is omdat die hospitaal glo nie die hulpbronne gehad het om Knoetze en Theresa verder te behandel nie.

Die departement van gesondheid het bykomende inligting oor Knoetze se beweerde behandeling aangevra en aangedui dat hy later terugvoer sal gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Misky ·

Dis skandelik dat mense sulke behandeling ontvang in staatshospitale!!!! Ek sidder vir die dag wat ek iets moet oorkom en aan hul genade uitgelewer word. Sies vir julle!!!

Danie ·

Dit is ongelukkig wat vir almal voorlê sodra NHI in werking gestel word. Kyk maar na Kuba en Venezuela ensovoorts.

Jr ·

Viva vir die kubaanse en BEE dokters. Uiters swak en dit is om n mens siek te maak. Useless spul ” first aiders” – nie dokters nie

Miskruier ·

Laat almal wat sulke slegte behandeling is staatshospitale n what,s up groep stig en die info uitstuur. Nie ander sosiale media nie want lyk my dit word gesensureer.

Nie Verbaas ·

Ek kan heelwat bydra lewer op so groep. Hulle is totaal hopeloos.

lollapot ·

Daarom, verkies ek om sonder behandeling in my bed dood te gaan. Mag die Here almal hierdie swak behandeling spaar..
Ek bid vir jou seun! Mag jy die regte hulp kry om spoedig en suksesvol te herstel.

Herman ·

Dit is absoluut ontstellend hoe DevonKnoetze behandel is. Ek het n familie-lid wat by Steve Biko werk – ek was nou al 2 maal in April daar (by onkologie) & ek is absoluut op die hande gedra. Personeel het agterna gebel om te vra of ek tevrede was & hoe dit met my gaan… Ek haal my hoed vir hulle af! Ek bid dat Devon dringend goeie behandeling sal kry & sommer gou weer gesond sal wees! Dis skreiend hoe die personeel soms net ”don’t care / ignorant” kan wees!! Sterkte Devon! HS

Vanessa ·

Herman, dis goed om te hoor van Steve Biko. ‘n Mens veralgemeen sommer as dit by een hospitaal so gaan dan dink jy dit gaan oral so. Ek hoop Steve Biko kan volhou met hul goeie diens. Mag hulle ‘n voorbeeld stel.

Nie Verbaas ·

Moet net nie opgeneem word nie. Dit is n heel ander storie.

Piet parys ·

Ja jy kry goeie behandeling omdat jy iemand ken en dis jou voordeel

Tanya ·

En dit is hoekom ons so baie geld as belasting betalers moet betaal, sodat ons slegte diens in die staats diens kry….heeltemal onaanvaarbaar!

Blikkies ·

Dit lyk nie of ‘n regte dokter daai steke ingesit het nie.

Toktokkie ·

Kan nie wag dat Afriforum akkreditasie kry om mediese grade aan te bied nie. Ten minste dan gaan ons weer ordentlik gekwalifiseerde mediese studente kry. Ek wag ook vir hul verpleegkunde afdeling om oop te maak. Ons ondersteun julle AFriforum – hierdie is weereens bewys dat ons dit broodnodig het. Dalk is julle eie Akademiese hospitaal volgende op die lys!

Sandra ·

Ek voel lus om te huil. Die land is so in sy peetjie. Die hospitale, die polisie. Alles. Ek het Saterdag die polisie gebel. Ek weet van ondervinding dat dit jou niks baat om 10111 te probeer bel nie. Toe skakel ek ons plaaslike polisiestasie. Ek sal lieg as ek se ek het 19 keer die een polisiestasie gebel, toe bel ek al die ander in die omgewing. Geen maar geen antwoord. Toe dink ek ok, ek bel nou maar 10111, niks. Die eerste polisiestasie het toe eventueel geantwoord. Dit was nie ‘n noodgeval nie, ek wou iets ernstigs rapporteer. Ek sidder om te dink wat sal met mens gebeur sou jou lewe in gevaar wees, en hulle die enigstes is wat jou kan bystaan.

Annelize ·

Wat ‘n uiterse skande!!! En die regering wil daardie Gesondheidsorg skema in ons kele af forseer???

Ek dank die Vader ek en my gesin het toegang tot privaat mediese sorg. Ons staan weliswaar op ‘n leer om die maandelikse premie by te kom, maar ons het van baie luukshede afstand gedoen om seker te maak ons kan dit bekostig. My hart breek vir mense wat egter geen ander uitweg het nie.

David ·

So ‘n voorsmakie van wat vir ons voorlê met nasionale gesondheids versekering.

Althes ·

En ons moet belasting betaal op elke liewe ding, en dis wat gebeur met ons geld.! Onbevoegde, onbekwame lui personeel en waar is die kos heen?

Wakkerslaper ·

Hierdie gaan binnekort ons almal se voorland wees. Laat die kommuniste se nasionalisering van gesondheidsdienste en mediese versekering net inskop….

Zelda ·

My dogter lê al ‘n week in Steve Biko en ons wag steeds op antwoorde. Elke dag word sy uitgehonger (mag niks eet of drink nie), want sy gaan blykbaar teater toe. En elke dag gebeur net mooi niks. Sy is al ontwater en baie swak. PATETIES!!!
Sterkte aan hierdie familie…. Ek bid vir spoedige herstel vir ma en seun.

TRP ·

Dit is so bitter jammer dat dit die behandeling is wat mens kry. Nie almal kan ‘n mediese fonds bekostig nie en verwag dus om darm menslik behandel te word in ‘n staatshospitaal. Ek hoop werklik nie die man verloor sy bene nie. Sterkte aan die familie.

Madz ·

Laat ons liewe regeerders van die land asseblief bietjie soontoe geneem word as HULLE seerkry… maar hul moet nie kan praat nie en niemand moet ook kan noem aan die hospitaal dat hulle selfaangestelde VIP’s is nie…dan wil ek sien hoe verander dinge skielik oornag!

koos10 ·

Madz. Dink ek my myself ook so. Dis tyd dat die hele regering wetlik verplig word om van alle staats dienste gebruik te maak net soos alle landsburgers, en GEEN privaat diense mag gebruik nie. Medies, pensioen, veiligheid, Eskom, water en noem maar op. Tydens beurtkrag MOET die uniegebou se krag ook gesny word. Dan sal ons sien of hulle nog so verkwistend met my geld gaan wees.

Gert ·

Die hipotetiese eed beteken vir party van hulle niks. Net daar vir die salaris en verder doen ons so min as moontlik en wat nie vasgebout is nie word weggedra

Korrelkop ·

Selfde slegte behandeling (voedsel tekorte) gaan in die Germiston Staatshospitaal aan. Ek vermoed die personeel dra die kos weg huistoe.

Nie Verbaas ·

Mens se hare rys. N hegte familielid was in die hospitaal waar hy nou is. Operasie uitstekend, opname en nasorg totale gemors. N maagprobleem wat hospitaal in 3 weke nie kon uitsorteer nie het ons in twee dae by die huis uitgesorteer. Dokter was ook bitter arrogant oor telefoon. Verpleegsters het reguit vir familielid gese net na opname dat sy nie nou in apartheid hospitaal is nie nadat sy vir bedpan gevra het. Hulle het verwag dat sy met n heupbreek moes loop. Twee dae in ongevalle tussen mans gele voor sy na saal oorgeplaas is. Nasorg toestande was haglik. Geen beddegoed nie en hulle het haar ook nie skoongemaak nie.

Thereza ·

n ander se genade is n helse genade!!! arme mense. uitgelewer aan onbekwame on opgelei de mense

Fedup ·

Pathetic and useless.
A pay check is much more important than people’s lives.
A veterinarian would have done a better job than that.
It is a disgrace.
These so called doctors and nurses should all be fired on the spot.
If you don’t have compassion for any human, you surely do not belong in this industry.

Chantel ·

My liewe hemel mens, so jammer vir jou ongenaakbare behandeling wat jy hier moes verduur. Hoop jy kry beter diens in die ander hospitaal.

Heinrich ·

En dis ‘n goeie voorsmakie van die Nasionale Gesondheidsversekering wat hulle beplan. Baie sterkte aan Devon en familie!

Hoekom ·

Hierdie is die stand van publieke mediese sorg, terwyl die staat net nog private sektors wil nasionaliseer. Die ANC is nie werd om hiedie mooi land te regeer nie…

Vanessa ·

Dit is uiters skokkend!!!!! Ons betaal belasting, waarheen gaan die geld? Elke keer word daar gesê die swak diens sal opgevolg word en dan gebeur daar niks. Dink julle ons is stupid!!!. Ek kon ook daai wonde toegewerk het, ek kan nie dink dis die werk van ‘n dokter nie. Daar is geen trots in jou werk nie. Jy verdien nie om ‘n dokter te wees nie. Jy is ‘n gevaar vir die mense wat deur jou behandel word. Gee die pos vir iemand wat dit waardig is en verdien.

Mariana ·

Pateties en swak diens. Verkeerde mense in poste. Dokter wees en verpleging is ‘n roeping en nie almal is opgewasse nie, maar as jy die werk moet doen waarvoor jy betaal word, doen dit ten minste met trots en empatie. Doen wat van jou verwag word. Maar deesdae gaan dit net oor die geld. Hoop Devon en sy ma kom heel anderkant uit. Voorspoed en sterkte.

Marcello ·

As jy in ‘n Staatshospitaal is, is jy maar net nog ‘n nommer, mag die Liewe Vader my help dat ek nooit in ‘n Staatshospitaal beland nie. ‘n Viendin van my se kind is oorlede in ‘n Staatshospitaal en toe sy vra wanneer sy die uitslag van die Otopsie kan kry, is vir haar gesê: Moontlik oor 5 jaar…..

Erika ·

Wat van die Pasiente wat daar le en nie kan praat nie.. wat met hulle gebeur nie En as Familie lede Mos Bohaai dan maak oor die die Gedrag van Betrokkenes wat nie hulle Sout werd is nie…- Die pasiente word eenvoudig verder mishandel (deur juis nie aandag te skenk nie) agteraf sodat hulle dan juis agteruit gaan…..
En hoe bewys n mens dit want die persoon is reeds dood …..Dit Is die siek Realiteit van rasse haat

Annelize ·

Presies, en durf jy iets se, word jy in jou gesig uitgekryt as ‘n rassis. Het al baie gelees van mense wat dit mee gebeur.
Daar is ‘n helse verskil tussen om onbevoegdheid en swak diens uit te wys, en om ‘n rassis te wees.

Di ·

Die meeste wat daar werk is ONBEVOEG. Hulle wag net elke maand vir hulle salarisse, geen belangstelling om ‘n diens te lewer nie. Weet waaragtig nie waar hierdie mediese personeel hulle opleiding ontvang het nie!

Hennie ·

En hierdie sepsisagtige swape wil ons NHI bedryf… Here help ons asseblief!

Piet parys ·

Klomp verdomde useless personeel wat nie eers by n veearts sal werk kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.