Man lewend aan die brand gesteek

brand vuur vlam

Argieffoto (Foto: Alexas_Fotos, Pixabay)

ʼn Groep ontstoke inwoners van Limpopo het Sondag glo ʼn jong man wat verdink is van moord en verkragting, lewend aan die brand gesteek.

Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, volg die man se moord nadat die liggaam van Karabo Kgomo (24) omstreeks 07:15 halfnaak langs ʼn pad in Tibanefotnein, in die Matlala-omgewing gevind is.

“Dit wil voorkom of sy met ʼn baksteen op haar kop geslaan is. Daar word ook vermoed dat sy moontlik verkrag is,” het Otto gesê.

Otto het gesê die gemeenskap het opgeruk en Jeffrey Tumelo (23) van die vrou se moord beskuldig. “Hy het probeer om van die groep te vlug, maar is oorweldig en aan die brand gesteek. Hy is op die toneel dood.”

Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

vierkleur ·

Wat he Winnie Mandela nouweer gese “With our boxes of matches and our necklaces we shall liberate this country”

Daar het julle dit nou

Groentjie ·

Wys net die regering doen niks omtrent die geweld in die land nie. Mense begin nou gereg in eie hande neem.

Daan ·

Kan jy die mense kwalik neem. Die regstelsel is oneffektief.

Gesiggie ·

Al hoe meer gaan die gereg in hul eie hande neem, omdat daar niks gedoen word aangaande al die Moord/verkragting sake”’ sjoe dit nogal wreed.. en was hul seker die ou is skuldig…? hy kan nie nou meer praat”’ niemand is nog in hegtenis geneem nie?? daar moet n oog getuie gewees het… maar hul sal nie praat. hoop maar nie die ou is onskuldig dood gemaak. maar wat ook al hul is moordenaars..

Hennie ·

Mag ons vra hoeveel van die mense wat gehelp het met die man se teregstelling, het geen skuld aan ongeregtigheid nie? Hulle aanvaar dat hulle self enigiets mag doen, moet tog net nie iets teen hom doen nie, dan is dit heeltemal onaanvaarbaar.

KP ·

Die mense is keelvol vir patetiese regstelsel so neem maar reg in eie hande.

Yvonne ·

Nee, allawêreld! Two wrongs never make a right! Hoe barbaars. Natuurlik is dit waar dat mense hul vertroue in veral die polisie verloor het en tot ‘n mindere mate, ook in ons regsstelsel, maar gewaande moord is hier met koelbloedige, voorafbeplande en doelgerigte moord gewreek! En dan is daar sowaar mense wat dit sommer prontuit goedpraat of ‘verstaan’? Kom ek sê sommer reguit: As dit is hoe jy voel, is jy net so skuldig aan hierdie moord!

Reinhardt ·

Daar is geen gevolge in ons land nie, dus neem mense die gereg in hul eie hande, mens kan hulle nie kwalik neem nie.

So terloops, is dit nie uiters interessant hoe baie van die kommentare hierdie daad as barbaars beskou nie? Maar toe vier boere n vermeende aanvaller doodmaak was hulle geloof en geprys… laat mens dink nè.

Johan Smit ·

Met die proviso dat hy wel skuldig is,
“Jungle justice”, die regstelsel is besig om die gewone man op die straat te faal en raak almal nou keelvol vir misdaad.
Dis nie die eerste geval waar mense reg in hulle eie hande geneem het nie….dit gaan al hoe meer gebeur.

Sarie ·

Dis verskriklik wreed!!! Ek wil nie eens daaraan dink nie. Èk,* sal dit niè kan doen nie……

Jacques ·

Dis ongelukkig die regstelsel wat die nassa verstaan. Ons westerse regstelsel werk ongelukkig nie in Afrika nie. Wat gedoen word is uiters wreed en nie aanvaarbaar in n beskaafde kultuur nie.

Stormrider ·

Ai tog….
So mor ons onder mekaar en lug ons opinies op hierdie forum, wyl die regerende party hulle maar min steur aan ons opinies en opvattings. DIT is die ware tragedie wat hier afspeel. Ons het weinig invloed op die wereld daar buite. Of is ek verkeerd? Ek hoop ek is verkeerd…..
Grootste groete

Ben Prinsloo. ·

Dit is ongelukkig hoe ek hierdie nasie ken. Terloops Reinard die 4 boere is n ander saak. Doen maar self huiswerk en jy sal agterkom hoekom ek so sê.

Veritas ·

Alhoewel ek nie die Boendoe-howe goedkeur nie, kan ek my vereenselwig met die gemeenskap wat heel moontlik wetsgehoorsame burgers is wat genoeg gehad het van elemente wat hul terroriseer. Inwoners van klein nedersettings weet presies wie die vrot appels in hul samelewing is en heel moontlik is die ‘veroordeelde’ bekend vir sy wandade. Ons verskil nie veel van hulle as ons hulle veroordeel sonder kennis van die ware toedrag van sake nie. Enige mens of gemeenskap bereik ‘n punt waar hy of sy besluit genoeg is genoeg.

alida ·

As hy die skuldige was het hy gekry wat hom toekom. Hy sal nie weer iemand verkrag of vermoor nie.

Muysvogel ·

Ben Prinsloo is heeltemal reg en die misdadiger is ook nie lewend verbrand nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.