Man lewenslank agter tralies vir verkragting

Argieffoto

ʼn 25-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die roof en verkragting van ʼn 22-jarige vrou in 2015.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, het gesê dié vonnis is Dinsdag in die Butterworth-streekshof aan Xolisa Mhlonyana opgelê. “Ons glo die lang vonnis sal as afskrikmiddel dien vir ander misdadigers wat jag maak op vroue en kinders wat nie hulself kan verdedig nie,” het Manatha gesê.

Volgens Manatha was die slagoffer 31 Julie 2015 omstreeks 23:45 in Sakwe-park op pad huis toe ná werk toe Mhlonyana haar genader het. “Hy het haar na ʼn donker gebied toe gesleep, herhaaldelik verkrag en van ʼn onbekende hoeveelheid geld beroof,” het hy gesê.

ʼn Saak van verkragting is by die Dutywa-polisiestasie aanhangig gemaak waarna Mhlonyana vasgetrek is.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris in die Oos-Kaap, het die Butterworth-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings gelukgewens en gesê die bekamping van geweld teen kinders en vroue is vir hulle ʼn prioriteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elize C ·

“Ons glo die lang vonnis sal as afskrikmiddel dien vir ander misdadigers wat jag maak op vroue en kinders wat nie hulself kan verdedig nie,”
Hoekom is daar nie dieselfde mentaliteit met gewapende rowers/plaas-bewoner moordenaars nie? Want DIT is hoekom laasgenoemde sal aanhou en aanhou, daar is nie ‘n groot genoeg afskrikmiddel nie. Oortreders weet hulle is binne ure/dae op borg, en dat die saak jare sloer en soms nooit eers in skuldigbevindings oorgaan (agv van tegniese punte deur slim regshulp) of ‘n ordentlike straf opgelê word nie. So hoekom gaan dit ophou?

Jip ·

Jip verbaas, die skrywe is reg en beteken meer as 1 keer op dieselfde aand. So dankbaar vir die vonnis

Elize C ·

Hehehe huh? Ek is seker jy het jou opmerking tong in die kies gemaak….

Regverdig ·

As hy haar verkrag en toe doodgemaak het, sou hy minder straf gekry het. Moordenaars kry minder tronkstraf in die “reenboog land” van ons. Nice man, slim regstelsel van ons….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.