Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê Sizwe Thando Dlamini (22) is op die aanklag van verkragting tot lewenslange tronkstraf gevonnis sowel as ‘n bykomende 10 jaar vir huisbraak en ontvoering en 15 jaar vir moord. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
“Hy is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit en die hof het gelas dat sy naam in die nasionale register vir seksoortreders aangebring word,” sê Naicker.
Dlamini het Nonhle Mellisa Gumede in Oktober van haar ouma se huis in Amandawe ontvoer. Nonhle en haar suster (3) het saam met hulle tannie by hul ouma se huis gaan slaap.
Die huis se deur was nie gesluit nie aangesien die tannie uit was en glo laataand sou terugkeer. “Toe die ouma omstreeks 1:40 wakker geword het, het sy gesien Nonhle is weg en dat die deur oopstaan. Die tannie het teen die tyd nog nie teruggekeer nie.”
Nonhle se liggaam is sowat ses dae later naby ‘n rivier gevind. Dlamini is eers op 1 Julie in hegtenis geneem nadat ‘n wenk ontvang is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Dis so jammer die doodstraf is weggneem. Hierdie man moes gehang het.Jammer, ek weet dit klink wreed, maar waarom mag hy reg op lewe hê as hy ‘n jong kind van die lewe ontneem het?
Nou ‘n vraag: Hoe lank voor hy op parool ‘vir goeie gedrag’ uit is?
Nee . A m Y . Dis nie wreed nie . Dis geregtigheid . Ons moet Oscar ook .Mat_5:6 Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word. Hulle moet ook nie in die tronk nie ne’ ,daar kos hulle ons weer n klomp geld .