Man lewenslank tronk toe ná hy stom vrou verkrag

Argieffoto

ʼn 56-jarige man is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn stom vrou (43).

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê Sipho Mgwaba is 21 Junie in die Inkanyezi-streekshof in Eshowe gevonnis.

“Die slagoffer se ma het haar op 18 Januarie 2017 omstreeks 05:00 in hul huis agtergelaat waar sy gelê en slaap het. Die ma het haar pensioengeld gaan afhaal. Toe sy terugkeer, het sy die vrou met haar romp opgetrek op die mat aangetref,” het Gwala gesê.

Volgens Gwala het die vrou gebaretaal gebruik om haar ma in te lig oor wat gebeur het. “Die ma het haar na ʼn plaaslike hospitaal geneem en die verkragting is deur ʼn dokter bevestig.”

DNS het Mgwaba positief met die misdaad verbind.

In ʼn ander onverwante voorval is Mphumuzi Biyela (21) verlede week tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ʼn 15-jarige meisie by Qomintaba in Melmoth. Hy het die slagoffer in November 2016 gegryp toe sy van die kerk af op pad huis toe was en na ʼn afgeleë gebied geneem waar hy haar verkrag het.

Sy het die saak by die kerk se ouderlinge aangemeld en hulle het die polisie in kennis gestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elize ·

Ek wil nou ‘n klip in die bos gooi. Kan die mans wat hier kommentaar lewer verduidelik hoekom ‘n man ‘n vrou verkrag. Ek kon dit nog nooit verstaan nie en sal ook nie. Kan ‘n man se hormone so hoog word dat sy brein gaan staan en sy vleeslike begeertes alles oorheers? Laat weet asseblief wat julle siening as mans is

Rooikop ·

Ek stem saam met jou Elize…………………. ek wil ook baie graag weet………….

Mien ·

Ek dink dit gaan om MAG uit te oefen. ‘n Vrou word as minderwaardig beskou….sy mag verneder word. Die man wil haar onderwerp aan hom……soos deur al die geslagte heen geleer word.
Maar mans word ook verkrag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.