Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige man het Maandag ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak en beweer die motor waarin hy en sy vrou gery het, is gekaap.
Volgens die man het hy en sy 24-jarige vrou in Lenasia in die suide van Johannesburg gery, toe kapers op die motor toegesak en een van die vensters stukkend geslaan het. Die man het gesê hy kon daarin slaag om weg te hardloop, maar die kapers het met die motor weggejaag, met sy vrou steeds binne die voertuig.
Mofokeng het gesê die polisie is na die toneel om ondersoek in te stel en het die motor verlate langs die pad gevind met die vrou se liggaam binne. Sy het ʼn meswond aan haar bolyf gehad. “By nadere ondersoek het die polisie egter agtergekom dat daar geen waarheid in die man se storie steek nie en dat daar nooit ’n kaping plaasgevind het nie,” het Mofokeng gesê.
“Die man is Dinsdag in hegtenis geneem op aanklagte van moord, meineed en dwarsboming van die gereg.”
Die man sal Donderdag in die hof verskyn.
ai hy was seker weer in verhouding met iemand anders of geld is seker weer betrokke
En daar word nog n vrou deur haar man vermoor!
Ek kan nie verstaan hoekom mense dink dat hulle met so iets sal wegkom nie. Dit is wragtig dom.
Hy is darem maar lekker stupid, polisie is nie heeltemal so dom soos wat party mense dink nie. Ja of geld of ‘n ander vrou – nou kry hy nie een van die 2 nie – lekker kry vir jou.
Nou gaan hy borg toegestaan word en dan gaan die saak vir jare voortduur.
Volgende wat hy gaan sê is:”Selfverdediging” Dit is so “dajavu”
Die polisie was net lui en incompetent om die saak te ondersoek. toe kom hulle met die maklike uitweg: die een wat die kaping oorleef het, het dit gedoen.
Hulle doen dieselfde met talle ander moordsake. Inge Lotz en Griekwastad plaasmoord was presies dieselfde