Man lok seuns glo deur internetspeletjies

court-hammer_thumbʼn Man wat daarvan beskuldig word dat hy vyf tienerseuns gemolesteer het, sal na verwagting Maandag in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn.

Kapt. Doniah Mothutsane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 28-jarige man is Donderdag in Kempton Park aan die Oos-Rand in hegtenis geneem. “Daar word beweer dat die 28-jarige verdagte die slagoffers deur internetspeletjies bevriend het,” het sy gesê.

Mothutsane het gesê die verdagte is in hegtenis geneem nadat ʼn pa beweer het sy seun is deur die man gemolesteer. “Vier ander slagoffers, almal 15 jaar oud en van Vanderbijlpark, beweer ook dat hulle deur die verdagte gemolesteer is.”

Sy het gesê die man staan tereg op aanklagte van verkragting, seksuele aanranding, seksuele uitbuiting, seksuele gereedmaking en kindermishandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Vieslike, vieslike, vieslike ding – ek het absoluut geen woorde om te beskryf hoe ek voel oor gemors soos hierdie nie. Om onskuldige kinders in sy lokvalle te lei… ek het nie woorde nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.