Man, ma gevonnis ná peuter se moord, verkragting

Ameerodien Peters en . Abigail Ruiters Maandag nadat hulle gevonnis is. (Foto: ANA)

“Het hy verdien om só te sterf?”

Regter Monde Samela het Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof dié vraag aan Ameerodien Peters (29) gevra voor hy hom gevonnis het vir die moord op en verkragting van ʼn 18 maande oue seuntjie – die kind van sy voormalige vriendin. Abigail Ruiters (34) is op aanklag van kindermishandeling gevonnis.

Peters is tot lewenslange tronkstraf op aanklag van verkragting, 15 jaar tronkstraf op aanklag van moord en ses jaar tronkstraf op aanklag van kindermishandeling gevonnis. Dié vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hy is in Desember verlede jaar skuldig bevind op die aanklagte teen hom nadat klein Jeremiah Ruiters in Junie 2017 vermoor is.

Jeremiah het onder meer ʼn gebreekte ruggraat en 14 gebreekte ribbes opgedoen ten tyde van sy dood. Die oorsaak van die kind se dood is later vasgestel as veelvuldige beserings aan sy kop en lyf.

Jeremiah se ma is in Desember skuldig bevind aan kindermishandeling waarvoor sy Maandag tot ses jaar tronkstraf gevonnis is waarvan drie jaar vir die volgende vyf jaar opgeskort is.

Jeremiah Ruiters (Foto: ANA)

Sy en haar voormalige vriend is wel vrygespreek van aanklagte van mishandeling wat spruit uit die mishandeling van haar ander twee kinders, onderskeidelik agt en drie jaar oud ten tyde van hul boetie se dood.

Peters was ten tyde van die moord die kinders se versorger terwyl Ruiters gewerk het.

Regter Samela het die beserings wat Jeremiah opgedoen het as “onmenslike marteling” en “pyn in die ergste vorm” bestempel.

“U het die vertroue van hierdie kind misbruik,” het Samela aan Peters gesê. “Het hy verdien om aan die hand van sy versorger te sterf? Het hy verdien om só te sterf? Die oorledene is deur jou, mnr. Peters, van sy lewe ontneem.”

Samela het verder gesê Ruiters het versuim om haar seun te beskerm en het sy beserings geïgnoreer. Die regter het ook daarop gewys dat die kinders se biologiese pa, wat gedurende die verhoor getuig het, hulle in die sorg van ʼn nalatige ma gelos het.

“Dit is geen geheim wat ons in die koerante lees, oor die radio hoor en op TV sien nie – al die moorde, veral op kinders, vroue en bejaardes. Dit is ongetwyfeld ʼn skrikwekkende daaglikse ervaring. Onskuldige, onskadelike, weerlose mense is meestal die slagoffers en [dit was] die geval hier. Ons leef in ʼn gewelddadige samelewing,” het Samela gesê.

Ruiters was tydens die verhoor swanger met Peters se kind. Dié kind is tans in pleegsorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stofdonkie ·

Die Pa’s van kinders se regte sal dringend hersien moet word. Dis hopeloos te veel wat mens lees van die ma en haar nuwe kêrel wat kinders mishandel en soveel keer wat die kind dan later vermoor word. Die kind kon heel waarskynlik veiliger gewees het onder die pa se toesig, maar dis mos standaard dat die vrou toesig kry, slegs in onwaarskynlike gevalle waar dit eers bewys moet word deur die pa dat die kinders mishandel word kan hy toesig kry, en in die regstelsel se tydsverloop kan dit so lank vat dat dit baie keer al te laat is.

Maritha ·

Hoekom so klein rukkie tronkstraf? Hulle moet die res van hul lewe agter tralies bly! Dis ń skande! Is daardie kindjie se lewe so min werd?

Prikkie ·

Hoekom so klein rukkie tronkstraf? Hulle moet die res van hul lewe agter tralies bly! Dis ń skande! Is daardie kindjie se lewe so min werd?

ans ·

Die man het darem lewenslank gekry en ek is seker sy mede gevangenis weet reeds wat hy
gedoen het, so ek dink hulle wag vir hom. Ek het gehoor sekere dinge word nie in die tronk
geduld nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.