Man maak twee meisies (8) dronk, verkrag hulle

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Oos-Londen is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy twee agtjarige meisies dronkgemaak en verkrag het.

Lt. Nkosikho Mzuku, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die man, Jongikhaya Mzanyama (33), is in die Mdantsane-landdroshof skuldig bevind en gevonnis.

“Hy het die twee meisies in Mei 2008  in die Mbekweni-informele nedersetting alkohol ingegee, hulle geld aangebied om skyfies te koop en hulle in sy plakkershut verkrag,” het Mzuku gesê.

Ao. Poto Kewuti van die Mdantsane-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, het die saak ondersoek en Mzanyama is in hegtenis geneem .

“Ao. Kewuti het die voorval behoorlik ondersoek en goeie bewyse ingedien wat die landdros verplig het om die skuldige swaar te vonnis,” het Mzuku bygevoeg.

Die twee slagoffers se familie is tevrede met die uitkoms van die saak en die manier waarop die ondersoekbeampte die saak hanteer het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Vieslik. Walglik. Geen “man” sal so-iets doen nie, hy is niks anders as ‘n luis nie. En dit is eintlik ‘n belediging vir luise.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.