Man maande ná reuserooftog vas

Gregory Fourie. Foto: Verskaf

Gregory Fourie (43) het Maandag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn nadat die Valke al maande lank op sy spoor was in verband met ʼn rooftog in Stilfontein, Noordwes, vroeër vanjaar.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, het gesê Fourie is Vrydag in Edenvale in hegtenis geneem.

“Die Valke se ondersoekspan het Fourie in Sebenza opgespoor nadat inligting ontvang is oor waar hy hom moontlik bevind.”

Die Valke het vroeër vanjaar ʼn foto van Fourie versprei in ʼn poging om hom op te spoor vir sy beweerde betrokkenheid by ʼn rooftog op 18 Februarie in Stilfontein waartydens R35 miljoen se onbewerkte goud gesteel is.

Volgens Rikhotso is daar tydens Fourie se inhegtenisneming op ʼn stuk onbewerkte goud van sowat 700 g, ter waarde van R500 000, en R900 000 in kontant beslag gelê. “Daar is ook op selfone en transaksiebewyse van goudverkope van meer as R25 miljoen beslag gelê.”

Fourie word aangekla van die onwettige besit van ʼn onbewerkte edelmetaal en is op borgtog van R50 000 vrygelaat. Die saak is tot 13 Februarie 2020 uitgestel vir verdere ondersoek.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Gerhardt O ·

Met hierdie tipe sake klop die borgtog en ander syfers net nooit nie.
Met R35m kon die man mos maklik landuit?

Alta O'Kelly ·

Stem heelhartig met jou saam. Hoekom borg gee as hulle so lank gesoek het na hom?

schaun ·

Sjoe al daai goud en hy kruip weg tussen die afrikaners wat nie die son oor die ander kan sien skyn nie ,pleks hy Amerika toe vlug en President Trump help om die muur tussen die vsa en mexico te bou.

Karlahari ·

So is dit nou normale afrikaners se skuld dat hy gevang is? Jy beledig my en baie ander.
As hy tussen ons gebly het en nie gevang is sou dit n groter skande wees.
Mog ons nie tot daai vlak daal nie.
Misdadigers hoirt in die tronk.

Johan Maritz ·

Dit is nou n grap soek hom , kry hom, hot toe en kry borg . Lekker in spaghetti land.

Org se Borg ·

Wag…. julle soek hom al van 18 Februarie af vir 35miljoen se onbewerkte goud diefstal… en laat hom vry op borg?!? Nee vrek, ongelukkig het hierdie krimineel nie die h of k woord gebruik nie want dan was hy lankal toegesluit

Feite ·

Borgtog in Fourie se geval maak glad nie sin nie, veral ook omrede hy eintlik vir n jaar lank n voortvlugtige was.

Luke ·

Sjoe maar julle is toe! Hy het lankal die polisie in die sakkie!

Gert van Wierdapark ·

Hy het seker maar ‘n borg gekry wat ook onderduims is. In 2020 sit hy lekker in Hawaii of erens sonnig waar die Saps hom nie (weer) kan pla nie!

Agter die skerms ·

Stem saam met Luke – lankal die polisie in die sakkie….

Kraaibakke ·

Mooi so die piempers het n grend job gedoen .Omdat hy soveel geld gevat het moet hy nou nie kans kry om iemand om te koop nie ,vat dit sommer af.

Kraaibakke ·

Hy loop nog hier rond na soveel geld ,hy is uit tartend larger than life.

George in Bloem ·

Hy moes lekker in sy mou gelag het vir daai belaglike peanut bedraggie as borggeld as mens in ag neem met watse bedrae hy omgaan. Ai die regstelsel van ons raak daagliks ‘n groter grap.

Cherokee ·

Ag tog, julle almal praat van ‘al daai geld’ asof hy nie kollegas gehad het nie.

Mrs H ·

Wel, wit mense het nie werk nie, kry nie werk nie en mag nie werk nie… so, natuurlik moet n man “iets” doen… veral as jy n Afrikaanse Wit Man is. Jou ander keuse is om bakhand te staan en bedel…

Attie. ·

Indien hy enige mens benadeel het mag daardie persoon die eerste klip optel om hom te gooi. Vir my klink ons spul net jaloers want wie het Fourie die reg gegee om in so ‘n regverdige en wetsgehoorsame samelewing, ‘n paar miljoen te maak?

Hanlie ·

Ek lees nou na al die kommentare en iets het net by my op gekom. Zuma word nou al van 2000 ondersoek oor sy korrupsie met Thales. Hy loop nog lekker los rond, is nie eers in hegtenis geneem nie. Wat ‘n “regverdige” regstelsel het ons nie.

JJ ·

Net Zuma?
Daar is nog baie wat nog nie eens ondersoek word met staatskaping nie wat nog van aangekla. Ek reken die meeste sal al oorlede wees agv ouderdom voor hulle vervolg of ondersoek sal word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.