Man meer as maand ná panga-aanval oorlede

Foto: Verskaf.

Pieter van Deventer (64), die man wat in November in sy huis in Heidelberg wreed met pangas aangeval is, is Dinsdagoggend in die hospitaal oorlede.

Van Deventer se dogter, Elaine, het die nuus aan Maroela Media bevestig. “My pa is gisteroggend [Dinsdag] net na 01:00 oorlede. Hy was vir 46 dae in die hospitaal aan ’n asemhalingstoestel gekoppel,” het sy gesê.

Hy is sedert die aanval in die waakeenheid van die Netcare Unie-hospitaal in Alberton behandel. Sy het gesê die familie kan nie nou al begrafnisreëlings tref nie aangesien ʼn nadoodse ondersoek uitgevoer moet word.

Maroela Media het vroeër berig Van Deventer is aangeval terwyl hy en ʼn huishulp alleen by die huis was. Sy vrou was by die werk. Pieter van Deventer, Piet se seun, het gesê die aanvaller(s) moes oor die muur bo-oor die lemmetjiesdraad geklim het.

Piet was in die eetkamer toe die aanvallers ingestorm en hom met die panga begin aanval het. “Hulle het hom op die kop en lyf geslaan. Hy het erge wonde aan sy kop; sy skedel is op drie plekke gebreek; sy kakebeen is gebreek én sy arm is heeltemal gebreek met ʼn groot vleiswond daaraan,” het Van Deventer vertel.

Volgens hom kan ʼn mens uit die aard van sy pa se beserings sien hy het terugbaklei. Die huishulp was besig om wasgoed op te hang ten tyde van die voorval. “Sy het op hulle afgekom en toe het hulle gevlug. Hulle het niks gesteel nie.”

Die huishulp het volgens Van Deventer begin skree, en die bure het aangehardloop gekom en hom gebel.

Piet is per mediese helikopter na die hospitaal gehaas. Piet het volgens Van Deventer van ʼn rolstoel gebruik gemaak as hy ver ente moes beweeg. “My pa was heeltemal kruppel weens ʼn virus wat hy vroeër opgedoen het. Jy kon hom net van die stoel af stamp en hy sou nie veel kon doen nie.”

Kapt. Thivhulawi Tshilate, woordvoerder van die polisie, het sy medelye met die familie betoon. “Ek kan bevestig niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie, die ondersoek duur nog voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Absolute slagting op ons mense.
Ek wonder of dit die nag van die lang messe is waarvan Siener van Rensburg gepraat het?
Vele gesinne gaan die tyd van samesyn binne met stukke wat uit hul harte geruk is.
Ek dink hierdie aanslag op ons as Afrikaansprekende Kaukasiërs is die grootste vuurproef waardeur ons
gaan sedert die Anglo Boere oorlog.

Cherokee ·

Eish, mense wat Siener van Rensburg se voorspellings gelees het sê hy het nooit so iets gepraat nie. Daar was volgens van hulle, g’n so voorspelling nie. Uitgedink deur ‘n politieke groep wat die storie vertel het kort voor Nelson Mandela se oorlye. Niemand het nog, so ver ek weet, die woorde presies gekwoteer en gesê waar dit geskryf staan nie.

Willie ·

Onnodig deur gemors vermoor, wat niks vir die samelewing beteken nie… RIP oom Piet

Chris Ws ·

Om iemand wat magteloos in ‘n rolstoel sit met ‘n panga aan te val getuig van barbaarsheid.Dan is daar nog steeds van ons blankes wat die goed beskou as mense!Al wat ek wil se is pasop-die ”suiwering” wat Siener van Rensburg gesien het, K O M !
Ek wens ek kon daar gewees het toe oom Piet so wreed aangeval was.Glo my ek sou hulle met ‘n glimlag afgemaai het!

Hannelie ·

Raak heeltemal ontslae van Zuma en bring die doodstraf terug. Dan sal ons sien of hul nog blankes so sal vermoor.

Penellope Jones ·

Ai, so jammer om hierdie tragiese nuus te lees.
Mens het nie ander woorde nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.