Man, meisie sterf na motor hulle tref

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 13-jarige meisie en ʼn man, glo in sy 30’s, is dood nadat hulle Maandagmiddag deur ʼn motor getref is in Newlands, Johannesburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van ER24 en Life Healthcare het die meisie langs die pad aangetref. “Sy het reeds aan haar beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Meiring het ʼn motor die meisie en ʼn man getref voordat dit deur ʼn kompleks se muur gebars het. Die man en die motor is sowat 100m van waar die meisie gelê het, aangetref. Die man was in ʼn kritieke toestand en paramedici het hom onmiddellik begin behandel. Hy is egter kort daarna oorlede.

Die bestuurder van die motor het geringe beserings opgedoen. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yolanda ·

Vreeslik wat hier gebeur het. Baie sterkte aan die familie, mag die Here julle krag gee en dra deur die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.