Man met 18 renosterhorings betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Chinese man is Woensdagmiddag op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat 18 renosterhorings in sy besit gevind is.

Die SAPD het in ʼn verklaring gesê die 28-jarige man is voorgekeer nadat die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad ʼn wenk ontvang het. Die man het pas van Namibië op die lughawe aangekom en was op pad om ʼn SAL-vlug na Hongkong te haal.

Die man se bagasie is deursoek en 18 renosterhorings van altesaam 43 kg is in die bagasie gevind. Die horings se geraamde waarde is R6,6 miljoen.

Die man sal Vrydag in die Kemptonpark-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann ·

Mooi man. Die afgelope tyd beweeg ons mos nou in die regte rigting.

CAROL ·

AWWWW DAMN NET TOE EK N LOAN WOU MAAK BY HOM (GRAPPIE). SLUIT TOE EN GOOI SLEUTEL WEG. JOHAN STEM SAAM MEER EN MEER WORD NOU GEVANG

Liesl ·

Tyd om n swaar vinnis te gee. Wat sou met n Suid Afrikaner in Sjina gebeur as hy n onwettige middel in hul land ingevat het?

Keketso Gomotso ·

Ons moet almal saam kom vrydag en die man n pakslae gee , hy verdien nie om n mens te wees na hy 18 renosters se moord op sy hande dra nie

Pieter ·

Wonder maar net hoe het hy dit reggekry om deur die skandeerders op die Namibiese lughawe waarvandaan hy vertrek het te kom.

Simon ·

18 renostershorings beteken 18 bedreigde renosters is VERMOOR view eie gewin.
Lies, ek weet nie van Sjina na maar Tail and sluit so n persoon op as verhoorafwagtende. Weens “probleme” om n regsverteenwoordiger op te spoor kan verhoorafwagtende tot 5 of meer jaar aangehou word.
Iets om oor te dink, nie waar nie?

Annie ·

Sluit hom toe en vergeet van hom . Mag hy vrot in die tronk !!!!

Se iets ·

Pieter: hoe het hy deur gekom, want dit is Namibia
Net vanoggend het ek gelees 7 renosters is dood gekry in Etosha

Hoekom moet daai mense in so n mooi land kom en daai dier dood maak net oor hulle tradisionele salf en so – kan mens nie aan hulle doen wat hulle aan die diere doen nie ek wonder maar net

Jakobus ·

Maroela, julle kan gerus vasstel wat van die Chinees in Nelspruit, wat vir Renosterhoring smokkel ondersoek word, se besigheid geword, van wat ek verneem is dit nou als toegemaak, masseersalon, edm. Daar is mos ook berig hy is bevriend met onse minister van staatsveiligheid. As ek reg verstaan was van sy werkers onwettig in die land.

Aai tog ·

Aangesien jy iets MOES sê Takkie sou …. Red die land dalk die een wees…

Ampie ·

En as die valke nie ‘n wenk gevang het nie, sou die knaap seker maklik weggekom het. Net soos die honderde renosterhorings wat sekerlik maandeliks op vlugte Ooste toe gaan, gemaklik in iemand se bagasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.