Man met 23 verkragtings verbind

 Ao. Ernest Villet met ʼn paar van die dossiere Foto: Kapt. Piet Smit, SAPD

Ao. Ernest Villet met ʼn paar van die dossiere Foto: Kapt. Piet Smit, SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se forensiese laboratorium het ʼn 33-jarige verdagte geïdentifiseer en met 23 sake van verkragtings in die Wes-Kaap verbind.

“Die misdade is oor ʼn uitgerekte periode in Delft en Khayelitsha gepleeg,” het konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man is Dinsdag in die Epping-nywerheidsgebied in hegtenis geneem nadat die provinsiale eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings ʼn uitgerekte ondersoek oor vyf jaar gedoen het.”

Volgens Rwexana het die aanvaller sy slagoffers genader en hulle gedreig. Hy het hulle van juwele en geld beroof. Die slagoffers was tussen 18 en 28 jaar oud. “Tot dusver is sewe slagoffers opgespoor,” het sy gesê.

Twee persone is vroeër deur die polisie ondervra ná bewerings deur die gemeenskap dat hulle betrokke was by die misdade, maar hulle kon nie met die misdade verbind word nie en is vrygelaat. “Dit is jammer dat die gemeenskap reg in eie hande geneem en hulle vermoor het, asook nog twee mans wat verkeerdelik beskuldig is van verkragtings in die gebied. Dit is nou bewys dat al vier hierdie mans nie betrokke was in die misdade waarvan die gemeenskap hulle beskuldig het nie,” het Rwexana bygevoeg.

Die verdagte sal na verwagting Woensdag in die Bellville-landdroshof verskyn op 23 aanklagte van verkragting.

Die SAPD veroordeel ten sterkste die moord op onskuldige persone deur lede van die gemeenskap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oupa Hen ·

Wat regter Mabel Jansen gesê het word weereens reg bewys.

Lance ·

Sien die regter het mos gese dis n kultuur ding …33 verkragtings ….ja 33 wat hulle seker van weet ….so sy was SO reg nes ons vermoed en geweet het …ag en daar is nog baaiieee ander sake om haar uitlatings te steun …die kultuur herhaal homself elke dag oor en oor …so die wat daarteen wil skop word eintlik amper daagliks verkeerd bewys deur sake soos die wat wel uitkom in die media …baie bly gewoonlik stil en se maar niks …mens gaan mos nie teen jou kultuur nie of hoe

Wat-ek-lees ·

Volgens die foto se onderskrif is die een met rooi keps en boeie ook een van die dossiere . . .
Wonder wie die regter gaan wees . . .

christine ·

Ja die Regter kan maar se “I rest my case” was maar 9 jaar oud toe ons huishulp uithaar kamer geruk word en oorkant in die bosse verkrag is deur n man wat sy regtig van geen kant af geken het nie,ek hoor nou nog daardie gille en dit vas 1959.

Reinhardt ·

Die opskrif en die eerste paragraaf stem nie ooreen nie. Man is 33, maar hyt 23 verkragtings aan hom verbind, nie 33 nie.
Dit maak dit nie juis beter nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Reinhardt

Ons vra om verskoning vir die fout wat in die opskrif deurgeglip het. Dit is 23 sake van verkragting wat teen die verdagte ondersoek word. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

m ·

Netso Oupa Hen, ma die waarheid maak seer dis hoekom daar nou so bohaai oor dit is. Feite is feite!!!!….

Pieter ·

Ja, hy sal onskuldig bevind word. Regter Jansen sal die skuld kry vir erge rassisme indien hy skuldig bevind word .

My bydrae ·

Goeie werk. Strenger strawwe moet gegee word. Kastrasie of wat ookal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.