Man met 349 bankkaarte betrap

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

ʼn 39-jarige man sal na verwagting Dinsdag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van bedrog, die onwettige besit van bankkaarte en oortreding van die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), sê beamptes het in die man se woonstel beslag gelê op 349 bankkaarte, 15 selfone en ʼn bankmasjien. “Die verdagte het na bewering versuim om sy huur vir die woonstel te betaal. Die eienaar wou ʼn kennisgewing oorhandig en die eiendom ondersoek.”

Die plaaslike polisie is ontbied toe die man toegang tot een van die kamers geweier het. “Met hul aankoms het die beamptes op die items afgekom en daarop beslag gelê vir verdere ondersoek.”

Nkwalase sê in ʼn afsonderlike en onverwante saak is ʼn finale beslagleggingsbevel op 25 Augustus 2021 in die Johannesburgse hooggeregshof toegestaan vir ʼn deposito van sowat US$60 000 (sowat R850 000) in die Kriminele Bateherwinningsrekening (CARA). “Die geld is op 7 Maart 2019 ontdek deur doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens by die OR Tambo- internasionale lughawe. Wahee Suleman (45) is aangekla van oortreding van die Wet op Doeane en Aksyns.

“Suleman is in die Kempton Park-streekhof vrygelaat op borgtog van R20 000 en het ʼn paar keer in dieselfde hof verskyn voor hy skuld beken het. Hy is op 13 Maart 2020 ʼn boete van R20 000 opgelê met ʼn alternatiewe 12 maande tronkstraf. Hy is ook twee jaar tronkstraf opgelê wat vir drie jaar opgeskort is met streng voorwaardes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
#013

Wel die SAPS het darem sy addres gehad. Dis n mylpaal.

Hardekwas

Waar kom die kaarte vandaan.

Nico

Hier kan die polisie darem hulle werk doen, kom dit by moordsake gebeur daar nie veel nie, word DNA toetse nie gedoen nie. Ons regstelsel is ‘n klug.

JohanR

My gooiste. Hoe besluit jy watter een jy vandag gaan gebruik? Ek raak verward met net twee kaarte – lag nou lekker hard!