Man met 570 kg dagga aangekeer

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Argieffoto ter illustrasie (Foto: SAPD)

Die polisie in die Vrystaat het ʼn 39-jarige vragmotorbestuurder in hegtenis geneem toe meer as 570 kg dagga glo in sy besit gevind is.

Die vragmotorbestuurder is in hegtenis geneem toe hy Wepener binnegery het van die nabygeleë Van Rooyenshek-grens met Lesotho, het sers. Yanga Ngcukana, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie het vroeër inligting ontvang dat onwettige middels in die vragmotor vervoer word. “ʼn Wit Toyota Dyna-vragmotor is opgemerk, agternagesit, afgetrek en deursoek. Beamptes het beslag gelê op 23 sakke dagga en die bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem,” het Ngcukana bygevoeg.

Die dagga het 575,2 kg geweeg en het ʼn geraamde straatwaarde van R862 800.

Die man sal binnekort in die Wepener-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann Marx ·

As die polisie dit konfiskeer en aan die brand steek….is dit wettig. As sy kliënte dit by hom koop en aan die brand steek….is dit onwettig. Die lewe is so onregverdig…hahaha

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.