Man met AK47 betrap

Die geweer waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ʼn 32-jarige man is Sondagaand in Kaapstad in hegtenis geneem nadat ʼn AK47-aanvalsgeweer in sy besit gevind is.

Sers. Noloyiso Rwexana, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê beamptes van die Khayelitsha-polisie was by ʼn vulstasie toe hulle ʼn verdagte wit Toyota Hilux opgemerk het.

“ʼn Hoëspoedjaagtog het gevolg en die bestuurder van die voertuig kon die beamptes tussen die plakkershutte ontduik. Nadere ondersoek het die polisie tot ʼn adres in die omgewing gelei, waar hulle die bestuurder van die voertuig opgespoor het,” het Rwexana gesê.

Die polisie het die man se huis deursoek en die AK47 en ammunisie gevind.

Die man is op die toneel in hegtenis geneem en moet binnekort in die Khayelitsha-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn onwettige vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

zoom zoom ·

Dalk is dit ook net ‘n speelgoed geweer soos Malema se geweer war hy afgevuur het.

Richard ·

Dis ‘n MPi KmS 72 of geringe variant daarvan. Die MPi KmS 72 is ‘n Oos-Duitse weergawe van die Sowjet AKM uit 1959, wat ‘n gemoderniseerde weergawe van die AK-47 is. Hierdie geweer is nie ‘n AK-47 nie. Dit kan hoogstens ‘n AK-47-tipe geweer genoem word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.