Man met bobbejaansleutel op kleinhoewe aangeval

Maroela Media het die foto verbloem weens die grafiese aard daarvan. (Foto: Facebook)

Waarskuwing: Die foto in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel. 

ʼn Man is Sondag in die vroeë oggendure ernstig aangerand in sy huis op ʼn kleinhoewe in die Muldersdrift-omgewing in Johannesburg.

Konst. Slindile Nthuli, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Nthuli het Riaan Juan Smit (53) geslaap toe hy omstreeks 03:00 deur minstens vier aanvallers in sy slaapkamer oorval is.

Smit is verskeie kere met ʼn bobbejaansleutel oor sy lyf en kop geslaan waarna die verdagtes met ʼn televisie, skootrekenaar en selfoon ter waarde van altesaam sowat R20 000 op die vlug geslaan het.

Smit kon daarin slaag om hulp by sy tuinwerker, wat ook op die kleinhoewe woon, te ontbied waarna hy na die Pinehaven-hospitaal gehaas is.

Volgens Liza Linde, Smit se suster, is haar broer later die dag met onder meer kopbeserings in die waakeenheid van die hospitaal opgeneem. “Om ’n telefoonoproep 04:00 te ontvang om te sê jou broer was in ’n plaasaanval en dan ontken hulle dat ons plaasaanvalle het,” het Linde gister op sosiale media geskryf. “Geen woorde kan my woede op die oomblik beskryf nie.”

Volgens Nthuli is niemand nog in verband met die voorval aangekeer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

ne ·

Jammer om te hoor. Hoop jy herstel gou van die beserings. CR sal nou sy storie moet verander en dit as ‘n prioriteits misdaad begin hanteer. Maar cr is in ontkenning!

Nel ·

Ek hoop jy herstel gou aan jou wonde, fisies en ook emosioneel. Baie sterkte vorentoe.

Gemaskerde Sopbeen ·

Maar die hele Muldersdrift omgewing is vrot van die sluipslapers en informele nedersettings vol onwettige immigrante…..wat kan ‘n mens anders verwag? Gaan vlieg ‘n hommeltuig oor Muldersdrift en jy sal sien daar is skuil kriminele onder omtrent elke bos, boom en afgebreekte struktuur…..

Sharon ·

Phil baie dankie vir jou goedhuid teen my broer en vir jou all die omgee .

Hartseer ·

Baie sterkte. Hoop jy word sommer vinnig gesond. Ons woon selfs op n plot. Deesdae kan ek nie meer slaap nie. Le elke aand in vrees wanneer is ons volgende.

IK ·

Vir diegene soos ek wat wonder waar die naam ‘bobbejaansleutel’ vandaan kom die volgende: Nee dit is nie ‘n boerenaam maar wel genoem na C. Moncky wat dit patenteer het. Daaruit het die engelse benaming ‘monkey wrench’ ontstaan en dan natuurlik ‘bobbejaansleutel’. Dis jammer dat hierdie gereedskap misbruik word as ‘n wapen wat sy naam oneer aandoen asook sy uitvinder.
Sterkte aan die slagoffer met ‘n wrede aanval deur ‘verdagtes’ . . .

JSG ·

Dankie vir die inligting. Altyd gewonder waarom die gereedskap so genoem word. Alle sterkte aan die man en vinnige beterskap.

Lunsriem ·

Alle beterskap en voorspoed Riaan, mag jy vinnig en volkome herstel.
Ek verstaan egter nie die berig so mooi nie. Het die inbreker/s vir Riaan met hul sleutel aangerand?

Will let. ·

Hulle wil nie en stel nie belang om iemand aan te keer nie.

Arie ·

Aan Maroela Media.

Kan ek ‘n vertaling in Engels of in Duits kry. Ek wil dit graag aan n Vriend in Duitsland stuur

Jerry ·

Absoluut so onsinnig en onnodig. Wat het geword van AfriForum se plaasbeveiligingsprojek, bestaan dit nog en as dit bestaan, hoekom gebeur hierdie goed nog steeds met ons mense? Steur ons mense hulle nie daaraan nie of wat gaan hier aan?

Sharon ·

dit was met n monkey wrench onder meer van die ander goed wat gebruik was

Willie ·

Juan, beterskap. Ons hoop jy word vinnig gesond. Dink aan jou.

Redica ·

Juan, Thinking of you lots and hoping for your speedy recovery. xx

Gerhard ·

Elke week is daar aanvalle en moorde in Mulderdrift te danke aan die massiewe plakkerkamp 3 km van daar. Met immigrante sonder werk. Enige iemand wat tans in Mulderdrift bly, weet dat mens die beste mootlike sekuriteit moet hê. Sterkte Riaan

Vra maar net ·

Wonder met al die inbrake, hoeveel ‘inside ‘jobs’ is dit nie? Die werkers op die plotte weet presies waar en wanneer almal tuis is en sekuriteit details….

Gary ·

Juan, Hoping you find strength with each new day. Have a speedy recovery, buddy!

Jo-Andri ·

Sterkte vriend, ons bid en vertrou vir herstel, my eie familie is deur plaasmoord, 2 verloor aan dood.
Mag niemand daardeur gaan. Dankbaar u is gespaar.

Nettie ·

PLAASAANVALLE BESTAAN NIE!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Die “mense” wat mnr. Smit “besoek” het om 03:00 in die oggend, wou maar net kom tee drink en toe wou hy nie vir hulle tee maak nie, want hy wou slaap. Toe gryp hulle maar ‘n bobbejaan-“spanner” en slaan hom daarmee.

En toe vat hulle maar sy geld, selfone, TV en so aan, want hulle was kwaad omdat hy nie vir hulle wou tee maak nie.

Waaksaam ·

Maak seker jou slaapkamer het n sterk traliehek voor die deur en goeie diefwering voor die venster! Dan kan niemand jou” verras ” in die nag nie! Hou jou wapen reg en skiet die lafaards as hulle jou dan wil kom “verras”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.