Man met byna 100 vervalste dokumente betrap

Die vervalste dokumente wat glo deur ’n Zimbabwiese man in Hillbrow vervaardig word. (Foto: SAPD)

ʼn 47-jarige Zimbabwiese man is Donderdag in Hillbrow in Johannesburg in hegtenis geneem nadat die polisie hom met 95 vervalste dokumente, onder meer bestuurslisensies, identiteitsdokumente, geboortesertifikate en selfs Covid-19-inentingsertifikate, in sy besit betrap het.

Volgens lt.genl. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting uit die gemeenskap ontvang dat die man bedrieglike dokumente by die betrokke woonstelblok in Hillbrow  vervaardig.

Die polisie het ook op vervalste Sassa- en bankkaarte, bankstate, werkspermitte en vuurwapenbevoegdheidsertifikate beslaggelê.

“Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en van bedrog aangekla. Daar kan moontlik nog klagte bygevoeg word soos die ondersoek vorder.”

Dit is nog nie bekend gemaak wanneer die man in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.