Man met dood gedreig ná Spur-voorval

Jacques Paynn (Foto: Verskaf)

Jacques Paynn (Foto: Verskaf)

ʼn Gesin van Capital Park in Pretoria vrees vir hul lewe nadat hulle talle doodsdreigemente gekry het sedert hul telefoonnommer en huisadres verkeerdelik as dié van die man in die sogenaamde Spur-voorval versprei is.

Jacque Paynn het hom Donderdag tot die burgerregte-organisasie AfriForum se trauma-eenheid gewend nadat hy en sy gesin in minder as 24 uur nagenoeg 500 oproepe en SMS’e gekry het wat dreig om die gesinslede se lewe te neem.

Paynn, wat in ʼn tuinwoonstel saam met sy vrou, 16-jarige dogter en ma woon, het Donderdag aan Maroela Media vertel die gesin is totaal geskok en oorbluf ná die voorval, en vrees dat rowers regtig sal toeslaan.

Hy sê die gesin het doodsdreigemente begin kry kort nadat hy Dinsdagaand op ʼn mediaberig op Facebook ‘die wit man verdedig het’.

“Toe ek Woensdagoggend wakker word en op Facebook gaan, het ek baie kennisgewings gehad. Ek het by nadere ondersoek gesien dat dit alles deur mense is wat op my kommentaar gereageer het. Die mense was woedend – hulle het my kop geëis,” sê hy.

ʼn Ander Facebook-gebruiker, Arthur Mcdonald Sibanyoni, het intussen ook Paynn se selfoonnommer en woonadres op sosiale media versprei. Sibanyoni het Paynn egter verkeerdelik geïdentifiseer as Nico Viljoen, die man wat glo in die Spur-voorval betrokke was.

Paynn sê sy selfoonnommer was wel op Facebook, maar dat hy onseker is waar die persoon sy huisadres in die hande gekry het.

“Dis tóé dat die oproepe begin instroom. Mense bel en SMS, dan sê hulle ons moet op die uitkyk wees, want hulle kom vir ons; hulle gaan ons vermoor. Hulle SMS en sê hulle gaan my vrou verkrag en haar dan doodmaak.

'n Skermskoot van die kontakbesonderhede wat versprei word (Foto: Twitter)

‘n Skermskoot van die kontakbesonderhede wat versprei word (Foto: Twitter)

“Ons weet nie wat om te doen nie. Ons kon Woensdag nie ʼn oog toemaak nie. Ons was kort-kort om die huis om seker te maak dat alles oukei is. My dogter moet skool toe gaan en sy is erg getraumatiseerd. Ons weet nie wanneer slaan hulle toe nie – en dit alles omdat die verkeerde kontakbesonderhede versprei word,” sê hy.

Paynn het intussen sy selnommer gedeaktiveer en verwyder nou ook sy profiele van sosiale media.

Nantes Kelder, hoof van AfriForum se trauma-eenheid, het Donderdag gesê die burgerregte-organisasie veroordeel dié dreigemente ten sterkste.

“Die belangrikste ding om in dié stadium te doen is om die veldbrand te probeer keer sodat niemand seerkry nie. Ons moet by die wortel van die voorval uitkom en vasstel wie die kontakbesonderhede versprei het. Maar die hoofprioriteit is om te verseker dat hierdie man en sy gesin veilig is,” sê hy.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van die restaurantgroep, het Donderdag gesê Spur is nie bewus van die dreigemente en die verkeerdelike verspreiding van Paynn se kontakbesonderhede nie.

Hy sê egter die organisasie sal alles in sy vermoë doen om te keer dat die inligting verder versprei word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Susanna ·

Ek persoonlik dink groot mense moet nou optree soos volwassenses of jy nou swart rooi pink blou wit groen geel oranje is WORD GROOT GROW UP julle is die rede hoekom ons land agteruit boer en nie vorentoe kan beweeg en in vrede saam met mekaar kan lewe nie. Spur is beslis nie die ENIGSTE restaurant in die land nie???? En die wat so vinnig op sosiale media spring vir kommentaar word groot en lees eers dan kan jy dalk seker wees oor jou feite

Siestog ·

Hierdie hele storie is belaglik. Word groot mense. Hou jou dreigemente vir jouself. Voor jy wil dreig, maak seker jy het die regte persoon en selfs dan gee dit jou nie die reg om te dreig nie. Hoef nie vêr te soek wie die regte rassiste is nie.

Chanel ·

Verskoon my onkunde maroela media ma die adres en sel nommer wat in die berig uitgehaal en gedof word word in die fotos onderaan wel gewys. Moet dit nie ook uit nie?

Landi Slatter ·

Dagsê Chanel

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, dit is byna onmiddellik verwyder.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Chantell ·

Nou gaan spur glen vir hom ook trauma counciling gee ens aangesien dit vir die dametjie gedoen kan word die arm ou het niks met dit uit te waai nie…..vat hulle almal hof toe wat boodskappe stuur en op FB jou details uitgee en share en blameer dit op race maar soos gewoonlik sal niks gedoen word omtrent dit nie laat jou stem gehoor word.

Ivana ·

Se vir julle dis reg hulle moet kom maar hulle moet dapper wees, jou nie bekruip nie en dan is dit one on one. Nie 5 teen 1 soos gewoonlik nie want dis al wanneer hulle n kans staan.

Grotman ·

Dis nou van n molshoop n berg maak! Hulle gaan die ding melk tot daar niks meer oor is nie.

Ander voet ·

Soos talle uitgewys het. ‘n Dawerende stilte het losgebars rondom die video van die swart skoolseun wat die blanke seun met ‘n baksteen aangerand het dat die bloed loop. Maar nou’s die skoen aan die ander voet dan moet die wereld tot stilstand kom.

Mielie ·

Absoluut reg. Hierdie mense is seleftief oor hulle waardes en wie hulle intimideer.

Bolander ·

LAFAARDS, LAFAARDS, LAFAARDS, LAFAARDS, EN NOG DUISEND KEER LAFAARDS. Dit is wat hulle is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Pork Chop ·

“Rack” – “Tap” – “Stance” – “Grip” – “Breath” – “Sight Picture” …………………….. SQUEEZE !!!!

AfriForum lid ·

Kan Afriforum nie help nie. Nee hulle speel net vir die paviljoen. Ek is ‘n lid wat hulp nodig het. En kry niks. By nie lede word hulp op groot skaal uitgedeel.

pieterdp ·

Niks minder as reg nie. Laat Spur betaal vir hul on vermoeie.

erika ·

Daai post wat die swart man versprei het met tel no en adres is nog steeds op sy fb blad….so wat het afriforum nou einklik gedoen?

Johann ·

Dit wys jou met watter radikles ons in hierdie land mee te doene het, dis nie net boere se veiligheid wat daagliks bedreig word nie. As daar nie met ‘n wit persoon saamgestem word nie, reg of verkeerd, het jy jare se moeilikheid, dalk meer as wat jy kan hanteer, dan is jou wêreld op sy kop omgekeer.

Santie ·

Stem saam dat mense moet grootword.
Moenie jou kop in die byenes druk nie want jy gaan seer kry en moenie krap waar dit nie jeuk nie….ai as meeste goed liewers net geignoreer word en verby gehou word kan dit dalk beter gaan
Baie grootmense wie maar soos kinders optree en praat. Dinge word oopgekrap en dan vat als vlam. Asb asb toggie

Santie ·

Stem saam dat mense moet grootword.
Moenie jou kop in die byenes druk nie want jy gaan seer kry en moenie krap waar dit nie jeuk nie….ai as meeste goed liewers net geignoreer word en verby gehou word kan dit dalk beter gaan
Baie grootmense wie maar soos kinders optree en praat. Dinge word oopgekrap en dan vat als vlam. Asb asb toggie

AL ·

Sosiale media is ñ euwel, veral as jy wit is, word elke kommentaar ontleed en van die dakke afgeskreeu.
Die ANC noem dit diversion tactics om aandag van hul skandale af te lei.

Willie ·

Gaan maak sake by die polisie stasie… en ek is seker n goeie Prokureer sal julle gratis kan help… Danie ook aan SPUR!!!!!!!!!!

johan II ·

Net so Willie. Hul het dan nou al daai onkundige mense se nommers, 500 van hulle.

denise ·

Dit is omdat die wit mense mekaar so beswadder ?????? En wat doen hulle ,hulle staan saam ongeag wat die een gedoen het !!!!!! Ander voet dit is net soos jy daar se!!!! Without prejudice!!!!!

Roger ·

Van Tonder….klink na ‘n ou met baie moeilikheid op hande! Kort dalk ‘n intensiewe kursus in, “hoe om bleekgesig-kliënte te behou”.

Henry ·

Jammer om van jou probleme te hoor.

Ek en vriende wat ook lede van Afriforum is, het nie sulke probleme ervaar nie. Indien wel, soal ons vir seker dit met hulle opneem alvorens ons dit langs ander weë soos MM sou noem.

Waarom MM my skryfsel verwyder het, sal ek nie weet nie. Het bloot gewonder of Spur en/of mnr van Tonder regtens aanspreeklik gehou kan word vir die dreigemente en Afriforum se hulp aanbeveel.

Aquila non capit muscas

LATIE ·

SJOE DIE COMPANY MAAK LEKKER GELD OOR DIE FONE SMS EN DATA STUUR EK DINK EK MOES BESIGHEID MAAK MET DIE FONE SAL BAIE RYKER GEWORD NET OM SKINDER STORIE HUGH…………..

Heleen ·

Dis vreeslik ! Ons witmense staan nie so saam nie..daar sukkel my suster op ouderdom 56 om werk te kry..ons eie witmense het haar in die steek gelaat soos so vele ander ook!

Delia ·

Heleen, as jou suster in Pretoria woon, het ek die besonderhede van ‘n persoon wat kantoor en ander werksgeleenthede het.
Kontak my, Maroela Media het my e-pos adres.

Cathy ·

Maroela Media ek sal ook graag Delia se e-pos adres wil verkry

snoefie ·

dis die kaders by Rica wat name en adresse uitdeel. my ook oorgekom. besighede maak nie seker telefoon nommers is korrek voordat hulle skuld gee nie. dan wanneer skuld nie betaal word nie, kry hulle acres van selfoon by Rica EB dan begin die teistering. dan maak dit nie saak dat jy in geheel n ander provinsie soon nie en nie klink soos Tabi nie. hulle bel hulle dreig. hulle waar aanduidings na jou adres.

Anna, ·

Snoefie

Die mense verander cell nommers soos ek en jy onderklere verander, praat van ondervinding aangesien ek opsporings werk doen. Rica gee nie inligting uit nie,(wens hulle het, sal graag ‘n kontak daar wil he) dit is bloot dat ander persone voorheen daardie nommer gebruik het, en nog op die besighede se data stelesel is …, asook die kredietburo’s.

Angie ·

Gratis Spur vir almal…. Die storie moet Donald Trump haal. As die VSA uit ons land trek met ekonomie sal almal suffer en vir wat?

Wat is Rasisme?

Om vir alle witmense te se hulle is Boere?

Wel ekt nog nooit niks geboer nie, maak dit my n boer?

Nou vra ek wat is n Goat Farmer? N bok Boer? Ok so die mense wat in die townships met bokke boer… Is hulle nie Boere nie?

Rasisme gaan oor Education? En ons land is in sy gat oor daar nie meer ordentlike “history” vertel word nie…

Ps mense… Die engelse het slawe gehad en die boere en hul werkers het teen die engelse en Zulus saam baklei…

Nou vra ek weer… Versprei eerder wat rasisme betekin, wat n boer in engels betekin en enige iemand wat plant en van die land af n boer is ” Farmer”…

Dan sal mense besef maar vir al die wonderlike jare van kill the Boer is hulle maar ook besig om hulsef uit te roei ook…

CAB ·

So maroel media hoekom het julle nie al lankal daardie kind se foto op die voorblad met die vinger merke op haar gesig op media gesit nie? Net die man sleg gepraat gister.. in my oe het julle ook rasse sensasie daaruit gekry. En so deur hulle jammer gat guit.. is dit net weer n rasse voorval. INPLAAS daarvan dat dit net nog n kind is wat deur n boelie aangerand is.

Janie Monsieur ·

Dagsê CAB,
Die foto wat tans die ronde doen op sosiale media is onwaar. Die foto is al in Augustus 2016 geneem in South-Carolina. Dit is ‘n meisie wat op ‘n skoolbus aangerand is oppad skool toe. Die foto kan dus glad nie verbind word met die voorval wat by die Spur plaasgevind het nie. Maroela soek beslis nie “rasse sensasie” nie, en het dit juis nie geplaas nie omdat dit onwaar is.

Groetnis
Janie nms. Maroele Media

Niccy ·

Angie, jy is so reg! Ek wens al die skrywes oor Rassisme en die geskiedenis van ons land kan oral op FB geplaas word sodat die mense ingelig word oor waar ons almal vandaan kom. Ons kan tog nie die Engels taliges haat oor dit wat in die verlede gebeur het nie… ons was nie eens gebore nie en netso hulle ook. Ons verstaan nie mekaar se geskiedenis nie!

gerbrandt ·

Maroela kan julle asb vir ons wys hoedat die dogtetjie geslaan is deur die 10 jarige seun met die Spur debakel? Sal julle die video in die hande kan kry?
Dankie
Groete

Wessie ·

Wat is dit met grootmense dat hulle op FB en Twitter of waar ookal goed kwytraak wat rassistiese ondertone het?
Het julle niks beter om te doen nie, en lees julle nie wat met ander mense gebeur wat dieselfde doen nie?
En dan bespeur ek ook ‘n nuwe tendens dat mense na Afriforum toe wil hardlooop vir hulp as hul gesonde oordeel en verstand hulle in die steek gelaat het…..dit gaan nie werk nie mense, dis ‘n vals sin van sekuriteit!

Joe Hall ·

Mnr Payn word verkeerdelik as die man gedurende die Spur voorval ge-identifiseer. Sy vrou en sy eie lewe word wesenlik bedreig en hy wend hom na Afriforum vir hulp/regsadvies. Lg opsie is vir meeste mense onbekostigbaar.
‘n “Nuwe tendens” seg jy?
Lees weer die berig. Mnr Payn het niks met die voorval te make nie. Hy het bloot sy gesonde oordeel gebruik om hulp te gaan soek by Afriforum wat oa die belange van Afrikaners wil beskerm.
Joe Hall

Jean ·

Ek vermy nou maar die Spur, want netnou verwar hul my met die kalant wat hul nou verban het. Wonder ook…gaan Spur nou ‘n banier aanbring, by elk van hul plekke, met die ou se gesig en waarop staan…WANTED – DEAD OR ALIVE??

Takkie Takuuza ·

Hou op om op FB tekere te gaan veral as jou kontak detail daarop is. Moenie loop kommentaar lewer op publieke plasings nie. Dink bietjie!!!!

Ig ·

Waar is die Haat Spraak Jagters nou in die geval?Elkeen wat n dreigement stuur kan mos nou via sy selfoon no opgespoor word.

Heleen ·

Dankie Delia maar ongelukkig woon sy in Roodepoort. Jammerte

Anoniem ·

Hoewel ek verstaan dat Mnr. Paynn sy kant van die saak wil en moet stel, kan ek nie verstaan waarom daar gepubliseer word presies wie daar woon nie. Hierdie man is nou nóg meer van ‘ sagte teiken want nou weet die hele wêreld wie saam met hom woon en ons kriminele is JUIS so opportunisties. Ai.

Wessie ·

Ek is nou so lus vir ‘n burger en ‘n fight, ek gaan sommer Spur toe !!!

Jandre Kroeze ·

Spur Jok!!! Die dreigement was deeglik gepubliseer op hull Facebook tuiste en terdee op die hoogte daarvan inklusief die name van die persone wat gedreig het met moord.

Gerrie ·

Spur moet maar vir veiligheids wagte betaal om die mense te beskerm

foxi ·

Die magtigste wapen ter wêreld is die TONG!!!!! Dit kan jou lewe totaal verwoes.
Ons almal blah blah blah oor die simpel storie…..kan ons nie maar eerder fokus op wat saak maak nie? Nee regtig!

Hendrik ·

Ja nee ek het simpatie met hierdie onskuldige slagoffer maar ek het nie baie simpatie met die resultaat van hierdie demokrasie nie. Maar dit die mense se keuses ne.

oni ·

Alles maar alles word uitverband geruk met meer stertjies daarby.

Magda ·

Mnr Sibanyoni moet maar gaan verduidelik waar hy al die inligting gekry het. Ek sou hom gedagvaar het.

Thersia Krugel ·

Ag nee hierdie is verregaande en nou gaan ons vir MAANDE die ou vervelige storie lees. Word tog groot asb …. Julle tree waaragtig sois kinders op. My 20 jarige is meer volwasse ……

Skatymir ·

Dit verbaas my dat mense dinge sê soos “word tog net groot” alhoewel dit so behoort te wees is dit meer belangrik om te besef dat die mense waarmee gepraat word eerstens dit nie gaan lees nie en tweedens is die kanse dat dié mense “groot” sal word nie werklik nie goed nie. Ons het dringend ‘n groot behoefte om op ‘n hoër vlak te dink en te doen.

Johan ·

Eintlik as die polisie hul sout werd is, is daar nou heelwat nommers op sy foon van mense wat iemand met die dood dreig. Sover ek kan onthou is dis steeds teen die wet. En ja dit is maklik om ‘n hul op te spoor en toe te sluit. Al is dit net vir die naweek. Ek reken as hulle die ou/vrou opspoor wat die details versprei het (verkeerdelik) kan mens hom/haar ook somer dagvaar vir heelwat geld (laster). Iemand moet aan die pen ry vir die nonsiens.

Gerrit ·

`n Polisiebeampte het my telefonies met die dood gedreig nadat ek `n kriminele klag teen hom gelê het. Vervolgingsgesag ( Shaun Abrahams persoonlik) weier om te vervolg omdat daar nie bewyse is wat gesê is nie. Die feit dat dit wel sy nommer is wat my om 04h35 in die oggend gebel het,maak nie saak nie.

Jaco ·

As hy dan nou so onskuldig is, wat was sy komentaar? Selfs hier op MM. Kan mens die kommentare lees en op haatspraak af kom. Hoe moet ons Suid Afrikaaners oor die weg kom as almal mekaar soos kunsmis behandel.

Joe ·

Soos ek al paar keer gese het, hierdie klomp soek vergelding, hierdie is net die begin.

Audette ·

Ek stel voor polisie kyk na die mense wat so groot mond gepraat het op FB en wat gesê het hy en sy EFF mense moet die man besoek. Mense kan nie net onnodig inmeng by ander se sake sonder dat hulle deel is van situasie nie maar Ek stem Saam hoekom deel hulle nie bietjie hoe die 10 Ja rigendie dogtertjie geslaap het joe dannkan Ons verstaan hoekom die man so kwaad was

Anoniem ·

Hierdi storie het in spur gebeur….die persoon wat dit op f/book gaan vertoon het, het mos ook deel in oortreding..
Dis ‘n geval tussen 2 persone in publieke area wat privaat was en moes daar in di plek uitgesorteer word dink ek…
Verder word ek baie vinnig daarop gewys hoe ek optree teen enige klient…….verkeerde uitdrukking kan lei tot karakter skending!!!! Mense word beskuldig vir wat hulle nie regtig is nie soos wat hier gebeur het…..
Wie ht die video geneem en gedeel nogal op social media….
Het die persoon volle toestemming en die reg gehad van beide partye en bestuur van spur…….om so iets op sosiale media te deel….

Hannalie Jonker ·

Aan die man wat uit die spur verban is. As ek n restaurant gehad het was jy verseker van lewenslange gratis etes.

Valie ·

Hoekom wys spur nie wat tussen die kinders in die speelarea gebeur het nie?

Nadia ·

If I may add… why is there no question om why the incident took place?? Everyone is quick to add how racist this man is but no person just loozes it for nothing. From a Spur employee being an eye witness- The African ladies child slapped the man’s daughter in the face leaving red marks on her face?. The daughter then came back crying and told her dad what had happend. The man then CALMLY approached the woman to ask her to please tell her son not to hit his daughter again as it is very disrespectful to hit a girl in the face. The lady then started screaming telling him his a “white arss racist” and that he must not speak to her about her children because they know how to behave – with that said she also told him to take his lying little daughter elsewhere so they can enjoy their party…. and as i could imagine anyone would have snapped just like that man did!!! Dont always look at just the surface!! Se whats underneath!!! Just a little FYI!!! @maroelamedia @huisgenoot @policepicsandclips @boerekriesesaksie @diewaarheid @viralmedia @southafricaexposed

Annie ·

Geen mens het die reg om iemand se besonderhede uit te gee nie. Popi wetgewing. Hy moet maar vertel wie het dit vir homgegee

Ronell ·

Ek was ‘n paar jaar gelede deur ‘n swart man deur die gesig geklap, omdat ek gewag en gewag het om gehelp te word in Rage skoenwinkel in die Eastgate Mall, hy het nie daarvan gehou dat ek gevra het of die dame eers al die swart mense in die winkel gaan help voordat sy my gaan help – ek het dit gaan aangee by die sentrum se sekuriteits personeel wat geweier het om die polisie te skakel – die man het sy vrou en kleinkind saam met hom gehad

Ek ·

Hoekom word die video net gewys van waar die man kwaad raak. Hoekom nie v waar als begin het nie ? Ek voel daar word net gewys wat hulle wil uit beeld aan die wereld. Is die geval v n man wat kwaad word omdat n ouer nie haar kind Kan leer dat dit verkeerd is om aan n ander kind te slaan te verstane nie ? Hyt kwaad geword omdat sy nie om gegee het nie, nie oor haar kleur nie. Dis n jammerte dat swart en wit wat graag n verskil wil maak en saam die toekoms wil in gaan sodat dit beter kan raak vir almal, nie die kans gegun word nie. Hoekom kan almal wat in vrede wil lewe nie die keuse gegee word nie. Sit die wat n verskil wil maak aan die eenkant v d land. En die wat wil moor, haat en wroke wil bou aan die ander Kant. Dan kan ons bou en hulle ,wat hulle die beste in is, afbreek en haat.

Catryn ·

Dit is presies wat hulle doen .. die wat vals beskuldig word word gedreig en verbied, nie die wat regtig agter die klappe sit en eintlik verbied moes gewees het. Spur het ‘n kring televisie, hulle spog dan daarmee. en jy is reg, hulle wys net wat hulle pas en nie die ontstaan daarvan nie….

Ou Sanna ·

Ek sien op die internet dat die Spur man geskiet is?
Wie kan bevestig of dit waar is?
As jy intik “Spur man shot”op google dan bring dit ‘n berig met vandag se datum op wat dit bevestig?

Zumie ·

As jy ooit bewyse soek oor slegte en verslegtende rasseverhoudings in die RSA – dan het jy dit. Kyk hoe reageer mense en dreig (onskuldiges) na ‘n (ras) voorval wat maar ‘n storm in ‘n teekoppie is……

anti spur ·

Maroela kan julle asb vir ons die video bekom waar die dogtertjie geslaan is – dit is tog die kern van die probleem.
Ook hoe Mnr van Tonder lyk. Dit kan seker tog nie as groot geheime weggesteek word nie.
Ek sal dit baie waardeer.
Dankie

Jane ·

Lyk asof ons hordes moordenaars en verkragters in ons land het wat nie kan wag dat iemand ‘n voet verkeerd sit dat hulle hulle met die dood of verkragting kan dreig nie. Die mentaliteit is verstommend, maar steeds het mense hoop dat almal as EEN sal kan saamleef. Hoe leef jy met ‘n hoop mense saam wat moord en verkragting van ‘n onskuldige familie as ‘n antwoord op enigiets sien?

Trots Afrikaans ·

Tot siens Spur.

Ek het bedenkinge oor jule modus operandi. Waar is die speelkamer beeldmateriaal, of is daar iets wat julle weg steek.

Ek sal maar my geldkies by die Plaaskombuis spandeer.

Paul ·

Die Spur takke het gewoonlik kringtelevisiekameras wat alles in die speelareas afneem. Die kanse is goed dat daar ‘n opname bestaan van die geslanery. Kan Maroela Media nie hieroor navraag doen nie?

Andre ·

Die hele bohaai is wat Donald Trump ontmasker het as FAKE NEWS.

Die media verloor kliënte … geld …. en nou wend hulle hulle tot “geelpers’ taktiek om te oorleef.

Ouers, wêreldwyd, gooi daagliks “tantrums” as gevolg van hulle kinders se “dinge” … maar dit haal nêrens ‘n koerant of nuusbulletin nie.

In Suid Afrika is die media wellustig op soek na RASSEKONFLIK … want dit sal “koerante verkoop” !

Die media blaas die insidente BUITE VERHOUDING op om sodoende NUUS te skep … waruit hulle GELD maak.

Verder het die linkse media ‘n agenda van hulle eie … wat niks te doen het met die WAARHEID of verantwoordelike beriggewing nie.

Die MAJORITY se agenda word deur die media ondersteun … raai hoekom?

Dis waar die meeste $ gemaak kan word!

amvi ·

Spur was eens ‘n eerste klas restaurant met stylvolle meubels, netjiese opgevoede kelners en ‘n lekker atmosfeer. Nou val dit eerder in ‘n “Tavern” klas en die klante wat hulle lok, vertel die storie. :-)

Elvin ·

Spur sal dit nie wys nie. Dalk met n hofbevel.Maar hulle sal n rede soek om dit nie te wys nie want dan val hulle bedriegspul plat.Wys jou net hul integriteit of liewer The lack there -off. Verskoon die Engels.Hulle adverteer hulle rugraatloosheid.

l ·

‘n Persoon wat verkrag bly verkrag. So hy sal die wit vrou verkrag en dan definitief ook enige ander kleur vrou want dit is sy denke dat verkragting reg is en mense moedig hom aan om dit te doen en keur dit goed en vra dat hy dit moet doen. Verkragting word deur die vroueliga in ‘n baie ernstige lig beskou maar dan moedig hulle dit aan ook. Hulle dreig om ons wit kinders te verkrag maar besef nie dat dit nie daar gaan stop nie aangesien enige verkragter nie stop by een ras nie maar dit ook aan sy eie mense gaan doen. Hoe loop jy rond met plakate wat se stop verkragting en sodra daar ‘n woordewisseling tussen 2 ouers is se jy gaan verkrag en moor. Ons wit mense dink dat enige verkragter die doodstraf moet kry maar die ander moedig dit aan. Hulle maak monsters van hulle eie mense wat dit aan hulle ook gaan doen.
Siek, siek, siek

Andre ·

Hi amvi

Wat jy bedoel is dat die plek toenemend soos ‘n Sjebeen raak.

Raserig, dronk en roekeloos!

Wonder hoeveel “Dutch courage” uit die bottel gekom het ?

…he…he…

Z ·

Wat van die BLANKE man wat sowat 2 jaar gelede by Spur in Alberton doodgeskop is? Nooit weer van dit gehoor nie. Hy was mos blank, dus kon dit nie rassisties wees nie.

Esther Louw ·

Dit is beslis vir hierdie man ‘n nagmerrie, waarmee hy niks te doen het nie. Ek dink elkeen agter die dreigement moet vervolg word en medepligtig wees vir enige skade deur die persoon gelei. Dit is treffend hoe daar in die media verwys word na ‘nWitman wat ‘n Swartdame … maar nooit lees mens in die koerant Bv. dat Swartmans die Witman met veelmeer dreig as net ‘n klap nie, of dat nog ‘n plaas gesin deur ‘n Swartman aangeval is nie. Die media (nie Maroela Media nie) is skuldig aan haatspraak aangesien daar vir hulle dubbele standaarde is.

amvi ·

Lees mooi hoor, dit was nie my pos waaroor jy kla nie. As al hulle klante maar “dutch” was, het hulle nog steeds klas gehad.

SARIE VAN HEERDEN ·

Vir dae lees ons nou die een na die ander kommentaar op Maroela en kom ons niks verder nie. Dis soos om in ‘n rystoel vorentoe en agtertoe te sit en wieg. Bly net op een plek. Die kort en die lank van hierdie hele storie is dat jy moet wegbly van diegene wat nie dieselfde agtergrond as jy het nie. Wees slim. Bly weg en bly uit die moeilikheid.

Leo ·

Jy is reg Sarie.Dit het egter vir ons n platvorm gegee om te se hoe ons voel oor onregverdige behandeling as blankes.Dit het ook vir ons die kans gegee om te wys wat ons kan vermag wanneer ons saamstaan en dit was baie nodig in hierdie tydstip in SA waar daar so teen ons blankes gediskrimeer word. Dit het vir ons selfvertroue gegee om te wys ons kan wen as ons wil .So hierdie oefening was meer werd as goud. Integriteit en hoe standaarde het sterk navore getree deur ons eie mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.